Eendag as die laaste taxi voor my stoep toet
Om my af te voer na die terminus
Sal dit ‘n blinknuwe infark wees
Wat blitssnel en geluidloos die taak volbring
Of ‘n krokkerige kanker skorrokorro
Wat moeisaam kreunend en knarsend voortbeur
Of dalk die slap limousine van beroerte
Wat my roerloos na die bestemming bring
Of wat van die suikersoet diabetes 2
Wat ongemerk die passasier innooi
Of sal ek dalk self, moeg gewag,
Self agter die stuur inskuif?
(Nee, ek voel nie rerig so nie. ‘n Besoek vandag aan ‘n vriend vir wie die eindfluitjie geblaas het, het my tot inkenning en nadenke gestem)
Ek dink as enige iemand naby aan jou gaan daai reis onderneem, herinner dit jou soveel meer aan jou eie verganklikheid.
eina eina
Baie waar Oom … die ding is net … die taxi kom haal nie net ‘ou mense’ nie …
Is so Liani, en mens wil nou nie juis daaraan dink nie.
Ons is maar sterflike skepsels, Therina.
Ek dink ons het almal maar daai vrese Annemari.
Ek dink ook so, Maankind.
Netso, DsP, hoe jonger die passassier hoe groter die hartseer.
Hallo Pruim!
En dis moeilik om mens daarvan te weerhou om te veel oor die dinge te dink, Flenters.
Lewies, ek was nou skoon bekommerd!! Hartseer maar ongelukkig ‘n pad vir ons almal!
of ‘n ou 1400 met ‘oldtimers’ for old time’s sake 🙂
Ai! (Of dalk sal ek self met ‘n kierie moet loop…)