Manjefieke Mafikeng

Dis waar ek verlede week deurgebring het, van Maandag tot Vrydag, om ‘n kursus te doen oor projekbestuur. Die kennis sal ek nou kan toepas–in die week wat ek daar was het ‘n hewige haelbui ons dorp (Klerksdorp) getref met skade aan plafonne en matte in die Lewies residensie, wat ‘n projek om eise en kwotasies gereed te kry. Onse tuin is in sy kanonmoer, dis net tyd en harde werk wat dit sal kan herstel. Daaroor kla ek nie te erg nie, bure en vriende het erge skade gehad met plafonne wat op meubels en elektroniese toerusting ingetuimel het, ruite wat stukkend geslaan is en karre wat deurgeloop het. Die aand van die haelstorm kry ek ‘n oproep uit Klerksdorp, die ou het ‘n selfoon opgetel en die adreslys oopgemaak, Baas Lewies is  die enigste Afrikaanse naam en hy bel toe. So kom dit uit dat dit Abel die tuinman se foon is. Die storm het hom so twee km van die huis gevang op pad na die taxis.  Abel sê die ice het hom so toiing-toiing teen die kop gepiets. Dit sal seker ‘n rukkie neem vir die ou om na normaal terug te keer. Sy torre dobber wild rond.

So in my allenigheid het ek ook ‘n nuwe lewensjaar betree. Ek kon darem ‘n paar kollegas stiek vir ‘n drankie, maar is maar kak om so alleen te wees as die ouderdom sy lippe aflek vir jou. Vir die wat wonder, ek is in die laaste jaar van die vierde dekade van die vorige eeu gebore, of te wel  MCMXLIX. Ek kry swaar om dit pront te sê, so al asof ek die naakte feite kan verdoesel!

 

26 thoughts on “Manjefieke Mafikeng”

  1. Toemaar Lewies, ek’s ‘n jaar ouer as jy en dit skeel (gewoonlik) my min! Jy skryf mooi. “Sy torre dobber wild rond.” Hehe. Ek wens ek het dit gese!

  2. Jammer oor die skade, maar welkom terug! Lyk my jy’s soos DsP se Vegasgirls – hoe langer hoe lekkerder.

  3. Ag, Lewies, jy’s net 2 jaar ouer as ek! Dis tog te lekker om oud te wees, want ons kan dit nou as ‘n verskoning gebruik terwyl ons lekker in die mou giggel.By the way – GELUK!

  4. Geluk met die verjaarsdag, Lewies, al is dit nou mosterd na die maal!!Was die kusrsus leersaam – ek was ook ‘n Projekbestuurder, voordat my Midlife crisis my getref het en ek dit verruil het vir ‘n Coffee Shop!!Lekker week!

  5. Hi Pinky, en dankie! Ja, ek het die kursus geniet, en sal dit in my werk kan gebruik. (Soms mymer ek oor ‘n coffee shop, klink lekker om jou eie ding te doen!)

  6. Soos ek nou die dag vir Monica H gesê het ek sal maar begin oom en tannie. Geluk Oom Lewies hoop jou lewensjaar is baie geseënd!

Leave a reply to pasella Cancel reply