My buurman in nommer twintig speel die elektroniese klawerbord, al het hy net hy nege vingers en ‘n lit. Met daai stompie kielie hy die note dat die musiek jubel. Boeremusiek. Boem tjiekie boem tjiekie boem fokken tjiekie. Toe, so met die haelstorm van ‘n week of wat gelede, stroom die water in sy elektroniese klawerbord en koenfoes die moederbord en wat nog. Sjit.
Outsurance is vinnig en effektief. Vandag kry Buurman ‘n nuwe klawerbord. Sjit.
Hy is in die sewende hemel. Jubelklanke kom op boeremusiekmaat oor die straat geboemtjiekie. Die wals, die seties, die vastrap, die jakkalsdraf, die hondegaloppie, sy repertoire is eindeloos. Die klanke buitel soos bronstige donkies in die weide.
Die weerkantoor voorspel swaar reën in ons omgewing. Ek wonder of Buurman se dak al gefieks is.
Daar’s hoop in die weer.
Ha-ha. Dis snaaks. Los hom, klink of hy dit geniet.
More Lou! Hoop jou Sabbat is piekfyn!
Militêre strategie–maak vriende van jou vyande!
Jy meen ek moet hom in ‘n trance inblaas!
Verseker geniet hy dit Liani!Ek hoop die nuwigheid waai oor!
Is so annemari, gelukkig is onse bure oor die algemeen ok, min sonde met hulle, en, nou ja, ek is ook buurman vir hulle!
Ja, dit kon baie erger gewees het, Ghaap!
;-)))
Hi Berwick!
Ek het die nommer van ‘n ou wat dromlesse gee, as jy dalk belangstel…
Hahaha! Dan kan ek saamspeel!
Ag jitte, dis te cute, jy tokkel en jubel omtrent met woorde jong!! Baie mooi!!
Dankie Ebony!
Balke toe…Pampoene op die dak…ken hy daai een.
He,he liefs jy as ek lewies ek is nou regtig nie ‘n groot boeremusiek aanhanger nie…
Ek glo hy doen, Zeppie!
Ja Tweeling, en nou is ek ‘n onwilklige meeluisterrar!
Gelukkig vir my bure oor die pad het my viool nie ‘n amplifiseerder(is dit die rgete woord??)nie.
Kap hom flou, Vanessa Mae!
So ‘n bietjie steurend, Therina!