Abel word ‘n Cheetah

Vroeg in die Curriebekerseisoen

“Hallo Abel. Hoe gaan dit?”

“Eeh, Baas. Gaan goed Baas”

“Jis Abel, jy het ‘n mooi hemp aan!”

Abel smaail dat sy blinde oog vonkel.

“Dis mos ‘n Cheetah hemp, Abel”

“Baas?”

“Dis ‘n Cheetah hemp, die supporters van die Cheetahs dra dit”

“Baas?”

“Die Cheetahs is ‘n rugby team Abel. Hulle supporters dra die hemde, soos die Chiefs se supporters die gold and black dra. Van die ander teams is die Sharks, hulle hemde is grys en swart, dan is daar die Bulls, hulle hemde is blou.”

“Ek ken nie die rugby nie Baas. Ek ken net foot ball. Ek like die Pirates”

“Ek ken weer nie van sokker nie. Waar kry jy die hemp, Abel? Het jy hom gekoop?”

“Nee, Baas, ek kry hom by die anner baas.”

“Die hemp is nog nuut. Ek wonder hoekom gee hy dit weg.”

“Baas?”

“Ek sê die hemp is nog nuut. Hoekom gee daai baas die hemp weg?”

“Die baas sê die hemp is kak. Annerdag ek sien hy dra nou ‘n blou hemp”

19 thoughts on “Abel word ‘n Cheetah”

  1. Ja, my sentiment ook – die hemp! Blou is baie beter! giegiegie. Lekker gelees aan jou blog, ek sal weer ‘n draai maak, probeer nog my voete vind en geniet die ontdekkingsreis verskriklik. Ek weet nie hoekom ek lankal al probeer het om Litnet se Blogs te ondersoek nie. Dis ‘n wonderlike ontdekking, lekkerste mense.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s