Toe Dawid haar fyn handjies in sy forse manshande neem, weet sy hier kom moeilikheid. Haar hart bokspring in haar keel soos paddas op pad na die fontein na die lentereën, haar hart klop soos ‘n hamermeul op die dorsvloer.
“Dawid…nee, ek kan nie nou nie” prewel sy onthuts, haar woorde leunagtig teenoor die emosie wat soos beskuitdeeg in haar binneste opwel, en sy besef: die ongemak wat sy nou ervaar is as gevolg van daai tweede porsie boontjiesop. Maar hoe kon sy dit van die hand wys, stomend, oorrompelend geurig op hierdie koue wintersdag.
“Speel vir my op die klavier. Laat jou lieflike vingers soos somer swaeltjies dartel oor die klawers, maak liefde met my in goddelike musiek, laat my vermurwe in die hemelse note.” Sy stem is skor, rasperig soos P80 skuurpapier.
Sy trek haar hande teensinnig terug. “Dawid, ek moet eers…”
“Nee,” val hy haar bruusk in die rede. “Jy moet niks anders as om my hart weg te voer met die wonderlike vaardigheid van jou vingers, ek meen nou op die klavier” voeg hy haastig by.
“Dawid, maar ek..” haar stemmetjie is klein, klein en benoud soos die van ‘n skoolmeisie voor langpouse. “Niks g’n gemaar nie, as musiek die voedsel van die liefde is, gee my nog, gee my tot ek oorversadig is”. Sy stem is dramaties, sonoor, lieflik en sterk op haar oor. Sy voel ‘n krieweling in haar. Sy GPS die posisie van die krieweling, senter in die afdalende kolon.
In haar nood besluit sy om ‘n kragtige stuk musiek aan te durf, Aus der sturm und drang der Alpinose hochland, gekomponeer deur die briljante Duitse musiek genie Adolf von Kartoffelen Salad In der Hose. Smittie Faan vertaal dit op RSG as ” ‘n Uiters hewige storm in die landelike gebied van die Alpe.”
Toe sy die eerste klawers ligweg betas, voel sy hoe die drukking in haar kolon dramaties toeneem. Sy skuifel benoud rond op die klavierstoeltjie en jaag die tempo aan na molto andante. Maar hoe meer molto sy speel hoe meer molto word die nood. Sy knyp en skuifel, knyp en skuifel, haar hande flits soos spieëlbeelde in die son, die klawers dawer freneties, spring soos ‘n quad bike teen die steilte van die magtige cresecendo, molto tempestuoso, tanto molto tempestuoso, tantissiom molto tempestuoso, die sweet slaan op haar aanvallige voorhoof uit, haar Salon Fraai Vroutjie perm hang verlep en slierterig oor haar gesig, haar hande dartel en spring soos ‘n kudde springbokke in die lenteveld. Sy knyp en skuifel, knyp en skuifel, en dan, na wat na ‘n ewigheid voel, sien sy die oomblik van verligting voor haar soos Moses van ouds die beloofde land klaar en helder aanskou het vanaf die piek van berg Sion, die zenith van die crescendo, die absolute magiese klimaktiese stonde van die virtuose musiekstuk: majestuoso tempestuoso, wat die klank van die uitlating van die kolongasse sal kamoefleer, haar oomblik van redding! Steeds baie fyntjies en vroulik verslap sy die sluitspiere, reguleer die ontlading behendig. ‘n Glimlag ontplooi op haar gelaat, en die musiek tempo neem gaandeweg af, dralend soos stappers teen die helling van die heide.
“Brava! Bravissima”! Dawid se stem is jubilant. “Wonderlik! Wonderskoon! Wunderbar!! Nazdarovje!!!”
“Dawid, ek moet eers…”
“Nee, nee! Speel dit weer. Wat is die naam van die selestiale musiek”
“ Dit het ‘n lang Duitse naam, maar in Afrikaans staan dit bekend as “Die Storm”, maar nou moet ek eers…”
“Speel, speel, gee my oorvloed! Maar los net daai gedeelte waar die weerlig die lewwetrie raakslaan!”
Lmga!!!! Puik geskryf – hoe lekker lag ek nou so by my sigselwers!
;-))) Lekker naweek!
Mens kan darem iets lekkers sien in enige stukkie skryfwerk…maar ek stem los uit die weerlig en die lewwie deel!
‘ Sy voel βn krieweling in haar. Sy GPS die posisie van die krieweling, senter in die afdalende kolon.’LMGA!!
ag dit was nou ‘n lekker lees vir die naweek. mooi geskryf!
Jy’s ‘n flippen MEESTER, weet jy dit?
Ha-ha! Ek’t lekker gesmile oor die ‘lewwetrie!’
Hierdie was een van my oupa se gunsteling grappies… net jammer hy het dit vertel as die dominee kom huisbesoek doen. Met sound effects en minder goeie taalgebruik, ook. Ai.
Lekker gelag vir die. Oom mag maar.
dis die blond dis die blou dis die …
Nou hoekom dink jy aan kwaad wees?
Eish, Therina, nou raak dit moeilik! Ek gaan nou daar loer!
Ja nee, nou verstaan ek! Dis alles daai onronde bol se skuld!
Dankie Katina!
Thanks Berwick! Dieselle vir jou!
Sidestep die lewwie!
Hallo DsP!
Thanks Verskriklik, hoop jou naweek is verskriklik lekker!!
Hi Lou! Wat sΓͺ jy nou jong!
Hi Liani!
Dag sΓͺ vriend Flenters!
Lekker om die ou mense te onthou, al is deur die koddighede wat hulle kwytgeraak het!
Hi Kerneels!
Net so, Abrham!
Hi Annemari! lekker dag vir jou!
Bravo! Bravissimo! (Whatever)
Hi Sonel! Welkom!
Hallo Klarisabet!
Encore vir ‘n dramaties pragtige stuk!
Dankie Jan!