“Middag Abel! Hoe gaan dit?”
“Eeeh Baas! Gaan goed Baas”
“Jy het die tuin mooi opgeruim na die hael Abel. Ek het 27 sakke blare laat wegry”
“Baas?”
“Ek sê jy het die tuin mooi skooongemaak. Dit was twenty seven plastics vol blare”
“Hau bathu!”
“Kaniti. Jy het hard gewerk, dankie”
“Want ek sê ok dankie by die Baas. Jy help my altyd”
“Ons help mekaar, Abel. Ek sien jy het nou ‘n Bulls rugbyhemp aan. Is jy nou ‘n Bulls supporter”
“Baas?” Fokkit Abel!
“Ek sê ek sien jy het vandag ‘n ander hemp aan. Nou die dag het jy ‘n Cheetah hemp aangehad”
“Eeeh Baas”
“Nou watter team support jy?”
“Ek support die Bucs, Baas”
“O, ok. Maar waar kry jy die Bulls hemp”
“Dis daai anner baas, Baas. Hy sê hy laaik nou weer daai anner hemp wat hy my gegee het, daai hemp van die Cheetahs, hy vat hom terug, hy gee my die hemp”.
“Laaik jy hierdie blou hemp?”
“Nee Baas, ek laaik hom fokkol”
“Mooi Abel! More koop ek vir jou ‘n nuwe Cheetah hemp!”
“Want ek sê dankie, Baas”
Hier by ons word die cheetah hemp ook gedra!
ja nee, ek ook nie. Ek het ook eers onlangs plat skoene begin dra. Sou nie dood gesien wou word in plat skoene nie so nou kan jy jou indink! Ek sal tien dode sterf as ek ‘n rugbytrui moet dra. Manlief was op Grey.
Ek laaik al meer van Abel en sy smaak!
🙂
😉
Donner, Abel. Weet hy hoeveel KOS daai hemp?
He,he Liewies ek is gek oor jou vertelling! Hoera vir Abel!!!
LOL @ Fokkit Abel!Ek dink dis nou hoog tyd dat ons sien hoe lyk Abel (fototjie?)
Hallo Gharki!
Geen begeerte vir ou Luke Watson se jersie nie?
Dag sê Lou! Abel se smaak het klas!
Soms is sout bietjie laf, Flenters!
Hallo Liani!
Hi Berwick!
Hi Liekie! Na’n dag in die tuin lyk die hemp of hy ‘n Curriebekerwedstryd oorleef het!
Naand Tweeling!
Ek sal so maak Minki!
Bom dias! Jy sal verseker ‘n Abel of twee raakloop!
Hallo Lewies. Ek geniet jou blog.
Lyk my niemand wil ‘n Bafana Bafana hemp hê nie. Neem hulle ook nie kwalik nie.Ek is bietjie bewerig oor die eindstryd. Daardie span van jou is kookwater!
Hahaha, ja loop koop hom daai Cheetah hemp..nou nie ‘n Bafunny Bafunny hemp nie.
Lekker gelees!Gaan jou weer kom besoek!
Daai span van my het ‘n lelike manier om op kritieke tye te vou!
Hi Zeppie! Ja nee hulle shares is laag!
Welkom Li!
Haai dankie Iewies!!Hoofstuk 4 volg op hoofstukke 1,2,3.Lees gou om die draad van die storie te kry.Ek werk al aan hoofstuk 5 !
Lekker gelees, man!
Ek het! Ek gaan by bly!
Thanks Ou Top!
As ek ‘n tip kan gee vir die Rooi Kruis, OVV en die manne met die ronde tafels.Gaan staan Saterdag 31/10/2009 so 6 uur daar by Loftus. Julle sal genoeg blou truie kry om 80 plakkerskampe mee te klee.
Net so!