My vorige inskrywing, oor die engele op my voorstoep, het ‘n verskuilde angel, wat dalk kan verlore gaan en die betekenis van die stuk sinloos maak. As jule dit lees neem in ag dat Gabriël God se boodskapper-engel is, wat ook die boodskap bring dat jou tydjie op hierdie ondermaanse verby is en dat die oomblik van rekenskap aangebreek het.
Dis ‘n wonderlike dag hier in die Wes-Transvaal, die lug is swanger met die belofte van sagte reën, vars en geurig. Die voëls poep en kwetter plesierig, Rapport is nog nie afgelwer nie, maw my gedagtes is nog rein en onbesoedel, niks g’n stories oor korrupsie, misdaad, kinky seks van die”sterre”. Ek moet die bleddie koerant kanselleer.
Jy sal nie glo nie, hier het so pas weer ‘n ou aangekom!
Nevvermaaind die oomblik van rekenskap vir eers.Jou tweede paragraaf van die voeltjies wat poep en kwetter is te oulik.:D
Hallo Therina! Sulke regte rustige musiek né, niks opruiends nie!
Seker gepas dat die engel op Kerkplein ronddwaal!Jinne Flenters, jy het omtrent ‘n interessante loopbaan agter die rug!
Landelik idillies Lou! Pure Tempe!
Groete, Lewies.
Naand Berwick!
Hello Oom Lewies (Pa het altyd gesê ek moet Oom sê vir iemand met ‘n grys snor – Ek is al amper by Oom Jan as ek in die spieël kyk). Steek ek nou vir die eerste keer lekker pyp op, hier in jou agterplaas. Ek het my geboorte maar min of meer ‘n week terug in blog land gemaak – so ek leer nog almal ken. Ek het so vlugtig na die laaste 3 goeters gekyk en besluit ek gaan gereeld hier kom kuier.
Hahaha daai kwêvoels wat so vlieg en poep of is dit nou die hadedas.
Hallo Jan, en welkom! Ek kuier ook lekker daar op jou werf, dalk omdat ek ‘n verplante Vrystater is!
Hi Zeppie, daai hadidas vlieg met ‘n lading bomstront!
Heya Lewies! baie dankie vir die welkom terug 😀
“die lug is swanger”…ek hou van dit
Hi Jodo!
Veral die Tydskrif gedeelte as mens daar op die troon sit, die elmboë gly al van die knieë af!