Back in the saddle again

So ‘n maand of wat gelede sit ek daar in Mafifikokkenkeng in ‘n kursus oor projekbestuur. Die was nogal ‘n ernstige poging, aangebied deur UP, nie die hierjy goete wat so dikwels oor my pad kom nie. Deel daarvan was om ‘n werkstuk na afloop van die kursus in te handig om ‘n sertifikaat van UP te verwerf. Nou ja, ek het ‘n lewwetrie vol sertifikate, beginnende met die geboorte een, toe dag ek voor ek nou by die sterfte een uitkom, laat ek die een traai, hy sal darem mooi lyk so op die mantel piece, in ‘n Clicks raam, so skuins gedraai neffens my en Vroukie se trou portret. Kan dit ook saamneem eendag na Huis Westergloor, om my te herinner aan vervloë glorie. In oormoed pak ek toe die uitdaging aan, maar sommer gou voel ek soos ‘n tweedehandse Griek wat sy eerste Marathon doen–my akademiese fiksheid was laas in Sub A onder Juffrou Langie so tien bo gemiddeld, nou is dit gone with the wind. Ek sukkel, al my trieks uit die studente jare is nou so deursigtig soos ‘n neglige in die maanlig, vol beloftes maar sonder resultate. So op die nipertjie wil-wil ek besluit: te moer met die sertifikaat, maar glorie en eer laat my vasbyt. Eindelik–daar is die gewraakte opdrag signed, sealed and delivered. Nou sit ek hortend en wag op die uitslag. Darem kan ek nou weer hier op die blogs dwaal en probeer inhaal op wat ek misgeloop het!

Advertisements

Jou..jou pou!

So sit ek en Vroukie vanaand onder die afdak by die swembad en ontspan na die inspanning van ‘n spannende week. Ons hoor en luister na die vroegaandgeluide van ons omgewing–die ritseling van die aandwind deur die blare, die vioolfluite van die kriekies, die paddagebrom a la Paddarotti daar van die spruit se kant, die rasende revs van ‘n jolige javel op sy snotseperator, en dan, van hier êrens agter, die verbysterde gil van ‘n nommer 34 pouwyfie wat swaar baar aan ‘n nommer 38 eier: jeeelp!! jeeheelp!! jeehhheeellp!!! Ai fok.

Ontgogeling

Dienggg!

“Goeie middag”

“Goeie midddag Meneer. Ek het ‘n boodskap vir Lewies”

“Dis ek, die nimlike hy”

“Middag Lewies, ek is Eendag”

“Dit kan nie wees nie! Eendag is nog ver!”

“Dis my boodskap Lewies. Eendag is net om die draai”.

Ek wonder oor twee dinge…

Die eerste een: Toe Joost geduck and dive het soos die wêreld se beste skrumskakel wat ons bewonder het, was een van sy systappe dat daai “ander ou in die video” meer bedeeld was as hy, dis nou Joost. Noudat hy beken en bely dat dit tog hy was, moet die volk nou glo hy is wel so welbedeeld? Knyp toe niggies!

Die tweede een: Wat het van Walter die Wonderman geword? Hy het laas in Mei geblog, sy blogs was nogal iets waarmee ek aanklan gevind het, veral sy Stuckism filosofie.

O ja,  ‘n derde een: Is Lou al ouma?