Ek wonder oor twee dinge…

Die eerste een: Toe Joost geduck and dive het soos die wêreld se beste skrumskakel wat ons bewonder het, was een van sy systappe dat daai “ander ou in die video” meer bedeeld was as hy, dis nou Joost. Noudat hy beken en bely dat dit tog hy was, moet die volk nou glo hy is wel so welbedeeld? Knyp toe niggies!

Die tweede een: Wat het van Walter die Wonderman geword? Hy het laas in Mei geblog, sy blogs was nogal iets waarmee ek aanklan gevind het, veral sy Stuckism filosofie.

O ja,  ‘n derde een: Is Lou al ouma?

34 thoughts on “Ek wonder oor twee dinge…”

  1. Ek het Walter laas op laerskool raakgelees, maar ek vermoed dis nie dieselle ou nie…Kyk, Joost se bedeeldheid al dan nie, het vir groot vermaak gesorg in ons kring van spotters. Ruim helfte van die manne het geglo Joost is onskuldig, want GEEN man sou so iets oor homself se nie.Die ander helfte weer het gese die man lieg nou fyn. Want niemand dink enigiemand sal so iets oor homself se nie.Ja… Nou blyk dit hy is beter bedeeld as wat hy gese het. Ek het nie die video gesien nie. Kan iemand dalk ‘n opinie opper? Oor sy bedeeldheid op doek. (Of spel ek daai woord nou verkeerd?)

  2. Ek dink nie hy is so besonder goed bedeeld nie. Die angle van die kamera laat dit maar net so lyk. Jy kan dit maar toets as jy nie glo nie. As jy hom op daai angle in die lens kry, lyk hy huge!!

  3. Hallou, Lou hier.Die kind is in en die dinge gaan vannag of more oggend se kant gebeur. Sy is so kalm en ek sidder.Die kind weet nie wat vir haar voorle nie!

  4. Dis oorlat hy nie met sy breinsel gedink het nie Murphy! Fok, daai hele charade van Bolhuis en leunverklikkertoetse!

  5. So te midde van al amptenare se gestelery en vergrype, die moord en doodslag, VIGS, padsterftes, is daar darem nog dunces soos Joost en Steve en Jurie Els wat comic relief verskaf met hul karpatse!

Leave a reply to maryke-anne Cancel reply