Dienggg!
“Goeie middag”
“Goeie midddag Meneer. Ek het ‘n boodskap vir Lewies”
“Dis ek, die nimlike hy”
“Middag Lewies, ek is Eendag”
“Dit kan nie wees nie! Eendag is nog ver!”
“Dis my boodskap Lewies. Eendag is net om die draai”.
Dienggg!
“Goeie middag”
“Goeie midddag Meneer. Ek het ‘n boodskap vir Lewies”
“Dis ek, die nimlike hy”
“Middag Lewies, ek is Eendag”
“Dit kan nie wees nie! Eendag is nog ver!”
“Dis my boodskap Lewies. Eendag is net om die draai”.
ek sou nog langer met eendag gepraat het as ek jy was 😉
As ek filosofies mag raak. Maw mens moet nie die reguit paadjie loop nie, dan gaan mens nooit eendag sien nie. Mens moet maar ‘n paar draaie ook loop.
Sou dit dan ook ‘n beskaafde manier wees om te sê jy gaan toilet toe. Ek gaan net gou Eendag besigtig (‘n draai loop). Wag dat ek liewer loop. Brannewyn sonder rugby tas my aan op ‘n Saterdagmiddag. Groete Oom Lewis.
eish, moet jy ons nou almal herinner daaraan!!
Eish. En skielik is ek grys en my kniege wil nie meer nie… (Alles anders werk darem nog) Maar eendag..
Wil mens rerig weet wat eendag inhou?
Hi Sonel! Dis die attitude, vat Eendag met ‘n smaail!
Jy meen mens moet Eendag sidestep soos Fabian Juries (of Julies?) die agt Blou Bulle op hul moer gespeel het? En ja, Saterdagmiddag sonder rugby is soos dans sonder musiek, of braaivleis sonder bier!
…dan koop ek ‘n Merceidies Benz uit die boks!
Sit die lewe in overdrive, Annemari!
Hi Maankind! Gepas dat juis jy die sterre sien!
Eendag trek ek ook Kaap toe, Monica!(En kuier op die stoep by Marianna!)
Net so Therina! Ek het ook somme gemaak of ek 2000 gaan sien, nou ja, ek het!
Jissie Murphy, dis die ultimate sidestep!
Eendag is ‘n moerse ontnugtering, Plankloper!
‘n Goeie vriend van ons is in die eindstryd, dit laat my baie krities dink oor die tyd wat my nog beskore is.
Dan beter jy ‘n lotto kaartjie koop want hulle leuse is mos nou ONE DAY IS ONE DAY.
Hi Papeslaai! Die Lotto, die bleddie Lotto!
dagggg lewies
Eendag as ek groot is…
Vriend Pruim!
Hallo Beati! dankie vir die erkenning!
Daai eendag Zeppie!
het eendag niks van my genoem nie Lewies? ;D
Net gesê wat ons almal al weet–jy is ‘n great chick!
Skerp Oom … as ons ons oë knip … is eendag … laank terug …
Ja nee. Eendag… Is dalk vandag.
Net so DsP
Jy is reg Kerneels. Mens kan te veel droom en te min doen.
Baie waar…voor jy jou oë uitvee is eendag hier!!
Hallo Pinky!