Jou..jou pou!

So sit ek en Vroukie vanaand onder die afdak by die swembad en ontspan na die inspanning van ‘n spannende week. Ons hoor en luister na die vroegaandgeluide van ons omgewing–die ritseling van die aandwind deur die blare, die vioolfluite van die kriekies, die paddagebrom a la Paddarotti daar van die spruit se kant, die rasende revs van ‘n jolige javel op sy snotseperator, en dan, van hier êrens agter, die verbysterde gil van ‘n nommer 34 pouwyfie wat swaar baar aan ‘n nommer 38 eier: jeeelp!! jeeheelp!! jeehhheeellp!!! Ai fok.

Advertisements

27 thoughts on “Jou..jou pou!”

  1. Lewies, dit laat my dink aan die poue op die SOS-kamp met die gr 3’s.Sien die een seun ‘n pou en se:”In die naam van die heremaak oop jou vere.”Toe doen die pou so..

  2. Jinne Tweeling, samblief tog nie so formeel nie! Jy laat my voel soos Oupatjie daar in huis Herfsblaar op Hoopstad, wanneer die Ageeswinde die rooi mielielandstof op ‘n Sabbatsagtermiddag opjaag!

  3. ai Lewies! jy is klassiek 😀 ek het weer nou die oggend twee hadidas dopgehou terwyl hulle uit die lug neerdaal hier op die grasperk…ek is seker die voorste een se gille was nie oor hoogtevrees nie, maar eerder uit vrees dat die agterste een in sy gat gaan vasvlieg ;D

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s