Tjek

“Lewies, het jy die geyser afgesit?”

“Tjek”

“is die tuinhek gesluit?”

“tjek”

“En die hek langs die huis?”

“Tjek”

“En die voorste hek?”

“Tjek”

“En die skuifhek?”

“Tjek”

“En die hek in die gang?”

“Tjek”

“En die hek onder die afdak?”

“Tjek”

“Het jy Action Force laat weet ons is weg?”

“Tjek”

“Dink jy ons het iets vergeet?”

“Het jy kondome ingepak?”

“Lewies!!!”

Tjek

“Lewies, het jy die geyser afgesit?”

“Tjek”

“is die tuinhek gesluit?”

“tjek”

“En die hek langs die huis?”

“Tjek”

“En die voorste hek?”

“Tjek”

“En die skuifhek?”

“Tjek”

“En die hek in die gang?”

“Tjek”

“En die hek onder die afdak?”

“Tjek”

“Het jy Action Force laat weet ons is weg?”

“Tjek”

“Dink jy ons het iets vergeet?”

“Het jy kondome ingepak?”

“Lewies!!!”

Suidwaarts

Nou ja, onse goed is gepak vir die tog Kaap se kant toe. Die Lewieswoning lyk asof dit deur Zeus se bliksemskigte getref is, deurmekaar soos voor die Skepping. Hoe gaan ek al die goete in die kar kry? Dink lateraal, dink kreatief Lewies! Ons plan was om eers in Stanford te kuier, dan ‘n draai in Parklands te maak, maar nou is die twee kleinste kinders in Stanford deur die waterpokkies gepoks, wat beteken dat die Parklanders nie meer saam gaan kuier in Stanford nie. Herberekening, nou gaat ons eers Kaap toe en dan Stanford toe. Die verandering het nogal logistieke implikasies wat die pakkery aanbetref. Nietemin, moreoggend vat ons die pad Kaap toe, die bestemming is slegs ‘n klein variant.

Lament

Lament

 

Dionysus, Dionysus, dithurambe van die vors

Deur wyn bebliksem in my gees

Waarom is die metgesel van Krismisdors

Die kloppend pyn van  hersensvlees?

 

L’envoi

 

Parasetamol. parasetamol, o wonderkuur

Hoe lank gaan die verligting duur?

Eer die dors weer na boontoe beur

En goeie voornemens aan flarde skeur?

 

Geseënd!

Dit lyk na ‘n ware somerkersfees hier in die weste van die ou Tansvaal, vroegoggend steek die sonnetjie geniepsig, terwyl daar so ‘n deinserigheid in die lug opbou, dalk ‘n donderstorm laatmiddag. Ons gaste vandag is Skoonpa, my tante (die twee octogenerians van Kroonstad), en ons swaer en skoonsus, ons skoonseun van Stanford se ouers. Vroukie doen iets uit ‘n boek aan ‘n stuk dooie vark, ruik baie lekker daar in die kombuis.

 

Geseënde Kersfees aan elke blogger wat hier lees, en ook aan die boggers wat die nie doen nie! Mag julle dag vreugdevol wees, gevul met blywende vrede en tevredenheid. Hou matigheid voor oë, en as dit nie moontlik is nie, biedêm, geniet die oordaad!

 

 

Abel die Cheetah

Hier’s hy, Abel Kantoor Radebe in lewende lywe, hortikulturele bestuurder op die Lewieslandgoed, Cheetah – ondersteuner extraordinnaire, soos ek ‘n tydjie gelede geblog het. Vir die wat dit gemis het, herhaal ek die inskrywing.

 

Abel word ‘n Cheetah

 

 

Vroeg in die Curriebekerseisoen

 

 

“Hallo Abel. Hoe gaan dit?”

 

“Eeh, Baas. Gaan goed Baas”

 

“Jis Abel, jy het ‘n mooi hemp aan!”

 

Abel smaail dat sy blinde oog vonkel.

 

“Dis mos ‘n Cheetah hemp, Abel”

 

“Baas?”

 

“Dis ‘n Cheetah hemp, die supporters van die Cheetahs dra dit”

 

“Baas?”

 

“Die Cheetahs is ‘n rugby team Abel. Hulle supporters dra die hemde, soos die Chiefs se supporters die gold and black dra. Van die ander teams is die Sharks, hulle hemde is grys en swart, dan is daar die Bulls, hulle hemde is blou.”

 

“Ek ken nie die rugby nie Baas. Ek ken net foot ball. Ek like die Pirates”

 

“Ek ken weer nie van sokker nie. Waar kry jy die hemp, Abel? Het jy hom gekoop?”

 

“Nee, Baas, ek kry hom by die anner baas.”

 

“Die hemp is nog nuut. Ek wonder hoekom gee hy dit weg.”

 

“Baas?”

 

“Ek sê die hemp is nog nuut. Hoekom gee daai baas die hemp weg?”

 

“Die baas sê die hemp is kak. Annerdag ek sien hy dra nou ‘n blou hemp”

 

 

 

 

Kaapse Draai

Hier in onse huishouding word daar planne gemaak vir die kuier Kaap se kant toe na die kinders, eers na Stanford waar ons dogter en haar man en Kara en Mia bly,  dan later Parklands toe waar Boikie en sy vroukie en Mira en Liam bly. Boikie-hulle kom ook vir ‘n dag of wat Stanford toe, dan is die ses chicks in my lewe almal saam. Dit sal die tweede keer wees dat ons vir klein Liam sien na sy geboorte in April vanjaar.

 

Voordat ons Maandag 28 Des die pad vat, moet ons egter eers die oorlewende twee lede van die Kroonstadse Club Octogenarian Krismis gee. Ons gaan skoonpa en my tante haal om die Kerstyd by ons deur te bring. Sondag vat ons hulle terug en Maandag val ons in die pad. Baie dingetjies om eers uit te sort–huissleutels vir die bure vat, reel dat hulle Pamela die werfhond kos gee, oopsluit vir Abel die tuinman, en sommer so in die algemeen ‘n ogie hou. Dit doen ons nou weer vir hulle as hulle met vakansie gaan.

 

Die plan is om in Victoria-Wes oor te slaap, die Kaapse draai is deesdae te lank vir ‘n ononderbroke rit. Ons het gastehuisverblyf daar raakgeloop waar ons gereeld oorbly, ‘n halte in die haai Karoo. ‘n Stukkie vleis braai, ‘n glasie wyn geniet , lekker slaap en dan vroeg-vroeg in die pad, as die sonnetjie nog lui-lui oor die heuwels loer.

 

Ai die Kaapse draai, hoekom is hy so lank, maar die fyndraai is so kort?

Lewies se Krismispresent vir soet kinders, stout kinders en kleinkinders

 

Ek het hierdie storie ‘n jaar gelede geplaas vir almal met kinders en kleinkinders en kuierkinders oor die Kerstyd. Ek doen dit weer vir diegene wat dit misgeloop het en dalk daarin geinteresseerd mag wees. Die storie het die onderskeiding dat Jaco Jacobs dit beoordeel het en te lig bevind het vir publikasie omdat daar al genoeg muisstories in Afrikaans is. Marianna Brandt het weer gesê dit het meriete vir publikasie. Dalk werk ek eendag aan haar wenke en streamline die storie.

 

Ek het die storie aanvanklik vir my eerste kleinkind Kara geskryf, nou is daar al vier, met Mia wat dit ook nou kan verstaan, en Mira en Liam nog in the wings.

 

Ek hoop julle geniet dit, en meer nog die bonding wat voorlees bring.

 

My blogverjaarsdag het so stil soos ‘n muis by my verbygesluip. Ek het gedink om van die skrysels van die jaar wat my die meeste plesier gegee het om te pleeg, weer te plaas. Ek wil julle nie daarmee verveel nie, maar dalk geniet die nuwe bloggers dit. So, hierdie storie is die eerste.

 

 

 

 

HIER’S ‘N MUIS!!

 

Koerie Kerkmuis bly in die kerk se konsistorie. Hy het vir hom ‘n snoesige huisie gebou agter die houtpaneel in ‘n stil hoekie van die vertrek. Hy het alles wat nodig is om lekker te bly; hy het vir hom ‘n sagte, warm bedjie gebou met ‘n stukkie van die kerk se rooi mat wat hy in fyn flentertjies gekou het, hy kry genoeg brood wat van Nagmaal oorbly en in die tuin is daar baie saadjies. Die kraan buite by die kerk se agterdeur lek so bietjie-bietjie water, net genoeg om Koerie se dors te les in die warm somersdae.

 

Daar is net twee dinge wat Koerie pla. Sondagoggend vroeg, as hy nog vas slaap in sy bedjie, lui die koster die kerk se klok so hard dat hy wip van die skrik, en net as hy weer aan die slaap wil raak, lui die klok weer.

 

“Hier is ook g’n rus vir ‘n muis nie” brom hy deur sy lang snorbaarde deur. Dan gaan sit hy in ‘n hoekie agter in die kerk om te luister na die orrelmusiek. Dis vir hom baie mooi as die orrel so diep dreun en die mense begin saamsing. Partykeer piep hy sommer saam, maar as hy vir Juffrou Belladonna Borstlap gewaar, bly hy tjoepstil en maak hy homself klein in sy hoekie. Hy is baie bang vir haar. Sy is ‘n diaken in die kerk en kom altyd die dankoffers opneem in die ry waar Koerie wegkruip. Sy is kort en vet en haar bolwangetjies wip op en af as sy in die gang afgestap kom. Haar oë kyk kwaai deur haar swartraam bril, en as ‘n kind net sou waag om te kriewel as sy die geld opneem, gee sy hom so ‘n venynige kyk dat hy sommer begin huil en onder sy mamma se arm inkruip.

 

Die ander ding wat hom pla is dat hy nie ‘n mensekind se tand in sy huisie het nie. Muise maak mensekinders se tande bymekaar as kosbare ornamente vir hul huise. Hulle vryf die tande mooi blink en sit dit op ‘n tafeltjie in hul huis sodat hulle daarmee kan spog as hul vriende kom kuier. So ‘n tand is baie skaars en duur. Die tandemuis verkoop dit aan die muise, maar sy vra baie geld daarvoor, sommer R5 vir ‘n mooi tandjie sonder gaatjies. Muise werk nie soos mense nie, en om R5 in die hande te kry is baie moeilik.

 

Vandag sit Koerie in die sonnetjie en bak. Hy dink weer aan ‘n tand en hoe hy een in die hande kan kry.

 

“ Ag, dit help nie ek begeer ‘n mensekind se tand nie,” dink hy “ek het tog nie geld om een te koop nie”

 

Net toe kom sy maatjie Skarrel Streepmuis aangehardloop.

 

“ Haai Koerie, kom kyk net wat het ek gekry!, “ roep hy. Hy is skoon uitasem en staan eers vir ‘n oomblik stil om sy wind terug te kry. “Ek het vir my ‘n mensekind se tand gekoop!” Sy klein muisogies blink in die son van pure plesier. “Kom kyk, kom kyk”

 

Koerie is baie bly vir sy maatjie se onthalwe, maar hy is ook ‘n bietjie jaloers.

 

Hy hardloop vinnig agter Skarrel aan na sy huisie. Skarrel het sy huis in ‘n bars in die pastorie se tuinmuur gebou.. Die twee muismaats gaan by die huis in en daar staan die mensekind se tand, blink gevryf in Skarrel se huis.

 

Koerie verkyk hom aan die mooi tand. Hy vryf saggies oor die tand met sy muispootjie. “Dis so glad en blink,” sê hy. Sy stemmetjie is sommer bewerig.

“ Ek wens ek het ook so ‘n tand gehad “ sug hy, “maar waar sal ek nou die geld vandaan kry om een te koop”

 

“Ek gaan elke dag na die winkel hier naby om kos te gaan te haal “ vertel Skarrel. “Partykeer laat die mense per ongeluk ‘n paar sent val, dan tel ek dit op en bêre dit in my huis. Toe ek genoeg gehad het, het ek na die tandemuis gegaan en die tand by haar gekoop.”

 

Koerie luister mooi na wat Skarrel sê en besluit om ‘n draai in die winkel te maak wanneer hy huis toe gaan. Dalk kan hy ook op die manier genoeg geld kry om ‘n tand te koop. Hy groet vir Skarrel en hardloop vinnig na die winkel. Hy was nog nooit hier nie en alles is vir hom baie vreemd. Kyk net die baie mense! Almal is haastig en dit is net voete so ver hy kan sien. “Tjoef!!” trap ‘n groot voet net hier langs hom. Hy skrik en gee vinnig pad, maar “Tjaf!” trap ‘n voet wat nog groter is aan sy ander kant . “Tjierie tjierie!!” rol ‘n waentjie verby, amper oor sy stert.

Hy hardloop na die naaste rak toe om daaronder weg te kruip maar skielik is dit net voete en skoene oral om hom. Dan skreeu ‘n vrou in ‘n skril stem “Hier’s ‘n muis!! Hier’s ‘n muis!!”sy skreeu so hard dat die bottels op die rakke rinkel. Sy laat haar pakkies val en spring in die lug op. As sy grondvat spring sy eers op die een been en dan weer op die ander een. En die hele tyd gil sy “Hier’s ‘n muis!! Hier’s ‘n muis”.

Koerie sien hoe haar vet wange bobbel as sy op en af spring. Dis Juffrou Belladonna Borstlap! Al die mense om haar begin ook te skreeu en te gil “Hier’s ‘n muis!! Hier’s ‘n muis” Daar is nou behoorlik konsternasie. Arme Koerie is lam geskrik, hy wil weghardloop maar hy kan nie sy pootjies roer nie. Sy muisogies is flou van skrik en sy hartjie maak Ka-Boem Ka- Boem Ka- Boem! Een van die winkel se werkers kom aangehardloop met ‘n vuil mop. “Waar is die muis?! Waar is die muis “ skreeu hy terwyl hy die mop wild in die rondte swaai. So amper klap hy Juffrou Belladonna deur haar gesig met die vuil, nat toutjies van die mop. Sy gee hom ‘n geniepsige kyk en gil dan voort. Die werker slaan met die mop na Koerie. Koerie voel hoe die wind so “ Swiesjjj” by hom verby trek. Skielik begin sy pootjies onder hom roer en daar trek hy. Hy hardloop soos blits na die winkel se deur toe, onder die mense se voete deur en die heeltyd Swiesjj!! Swiesjj! die vuil mop agter hom. Dan is hy by die deur uit en hy hardloop al langs die randsteen af na die kerk toe. Agter hom hoor hy nog die lawaai van mense wat gil. Hy hardloop al hoe vinniger, agter hom slaan sulke klein stofwolkies onder sy pootjies op die sement uit. Die wind waai sy oortjies styf teen sy kop vas. Sy ogies is op skrefies en die wind waai trane langs sy wange af. Sy snorbaarde staan stokstyf teen sy lang neus. Kort-kort hoor hy Tjik! Tjik! soos die muggies teen sy tande vasvlieg. Dan skielik, tjak! vlieg ‘n vet brommer so hard teen sy tande vas dat hy die bitter brommerbloed proe. Hy gril en probeer die brommer uitspoeg, maar die wind waai hom weer terug in sy mond in. Phoe!! spoeg hy, en tjak!! slaan die brommer weer teen sy tande vas. Hy kan niks anders doen nie, hy moet die brommer insluk. Die brommer is groot en vet en Koerie moet twee, drie maal sluk voordat die brommer in sy keel afgly. Die wind waai vir Fonnie Vlooi wat op Koerie se rug nesgemaak het, skoon weg dat hy doer anderkant in die straat rol. Koerie kom met soveel spoed by die kerk se tuin ingehardloop dat hy nie sy draai by die konsistorie se deur in kan kry nie. Hy blits by die kerk se deur in, reguit na sy hoekie waar hy altyd Sondae skuil as hy na die orrelmusiek en sang luister. Daar lê hy poot uit en hyg na sy asem,totdat hy van pure moegheid aan die slaap raak.

 

Skielik skrik hy wakker van ‘n vreeslike lawaai. Hy wil net opspring en begin hardloop maar dan herken hy die klanke—dis die orrel wat speel! Dis Sondag en hy het deur die hele kerkdiens geslaap, hy het nie eers die kerkklok se gelui gehoor nie, en hier is die diakens al besig om die dankoffer op te neem. Hy loer versigtig om die kerkbank se poot, en die volgende oomblik kyk hy vas in ‘n seunsgesig wat vir hom loer. Dis klein Stinkie Smit, ‘n seuntjie wat bekend is vir sy stoutigheid en sy wreedheid teenoor diere. Daar kom ‘n gemene grynslag op sy gesig en hy steek sy handjie uit na Koerie. Koerie wil opspring en weghardloop, maar sy lyf is so styf van gister se hardloop dat hy skaars kan roer. Stinkie kruip onder die bank in om Koerie te vang, maar dan gee sy ma hom ‘n harde raps op sy boud en sis tussen stywe lippe deur: “Kom uit daar!!”

 

Stinkie spring op en stamp sy kop so hard teen die bank dat die hare waai. Hy begin kliphard huil en gil “ Hier’s ‘n muis!! Ek wil hom vang!!

 

Net toe kom Juffrou Belladonna Borstlap daar aan om die offergawe op te neem.

 

“’n Muis?? Is hier ‘n muis?” roep sy

 

Stinkie skreeu soos ‘n honger varkie. “Ja, ja, hier’s ‘n muis!!”

 

“Hier’s ‘n muis!! Hier’s ‘n muis!!” gil Juffrou Belladonna Borstlap in haar skril stemmetjie. Sy spring in die lug op en toe sy grond vat, breek haar pienk kerkskoen se hak mors af. Sy gooi die kollektebordjie in die lug op en die muntstukke en note reën soos confetti na ‘n troue neer. Sy slaan neer op Oom Kerneels Kirstein se skoot wat so groot skrik dat hy bulder “Hiert jou swerkater!!” Dominee Woltemade Wiesner spring op van agter die preekstoel. Hy is besig om water te drink, maar hy stik en hoes en proes in die mikrofoon dat dit dawer deur die kerk. Vrouens en kinders spring op die kerkbanke en skreeu saam “Hier’s ‘n muis!! Hier’s ‘n muis!!” Die mans en seuns skreeu opgewonde “Vang hom!! Vang hom” Dominee hoes die laaste water uit sy longe en roep in ‘n dreunstem “ Orde! Orde!! Broers en susters, orde !! Dis net ‘n muis, hy sal julle tog nie byt nie—more vra ek die koster om muiswippies uit te sit om die vabond te vang. Sal die broers diaken asseblief die verspilde offergawe optel’

 

Die tweeling broers Jafel en Wafel Broodryk seil onder die banke in en in ‘n japtrap is die offergeld weer terug in die kollektebordjie. Juffrou Belladonna klim van Oom Kerneels se skoot af en hobbel met haar stukkende skoen na haar sitplek toe.

 

Arme Koerie sit met groot oë en kyk na die mense om hom. “Hoekom is hulle bang vir my,” wonder hy. “ek is dan so klein, ek kan hulle mos niks maak nie, Selfs Juffrou Belladonna is bang vir my.”

 

Aan die einde van die diens toe die laaste mense uit die kerk is, loop Koerie styf-styf na die konsistorie. More sal die styfheid beter wees, dink hy. Skielik struikel hy oor iets in die paadjie. Hy kyk om en kan sy oë nie glo toe hy sien wat daar langs die kerkbank se poot lê nie. Dis ‘n vyfrandstuk!! Jafel en Wafel het dit nie gesien toe hulle die geld opgetel het nie! Koerie draai die muntstuk op sy sy en rol dit versigtig na sy huis toe. Net more gaan hy ‘n mensekind se tand koop by die tandemuis!!

 

Die volgende Sondag toe die kerkklok lui wag Koerie al vir die orrel om te begin speel. Vandag is die musiek sommer ekstra mooi. Koerie dink aan die pragtige mensekind se tand wat in sy huis staan.

Hy het vanoggend vroeg opgestaan en die tand blink gepoets. Skarrel en van die ander muismaats kom netnou by hom kuier om na die tand te kyk. Hy is so tevrede dat hy sommer ‘n harde piep gee toe die orrel so dreun. Daar voor in die diakensbank draai Juffrou Belladonna om en kyk na agter. Sy kan sweer sy het ‘n muis hoor piep, maar al wat sy sien is klein Stinkie Smit wat sy tong ver vir haar uitsteek. Haar kwaai oë spoeg vuur en sy gee Stinkie so ‘n boosaardige kyk dat hy hom bang onder sy ma se arm inwoel. Sy mamma sit haar arm om sy lyfie en druk hom styf teen haar vas.

 

Koerie sug tevrede. Daar is niks in die wêreld wat hom pla nie.

 

*************************************************************************************************

 

AANTEKENINGE

 

 

· Ek het die name gekies om te allitereer (twv ritme in voorlesing) en ook om amusant te wees.

· Ek het probeer om klanknabootsing in te werk in die gedeelte waar Koerie in die winkel is om vir die storieverteller geleentheid te gee om te dramatiseer en ook om die konsternasie en die lawaai te beklemtoon.

· Aan die begin pla die kerkklok se gelui en die begeerte vir ‘n mensekind se tand vir Koerie. Aan die einde is daar niks in die wêreld wat hom pla nie—hy het sy tand en hy staan op voor die kerkklok lui.

· Hy is eers bang vir Juffrou Belladonna maar vind dan uit dat sy nog banger is vir hom, dan pla sy hom nie meer nie.

· Ek het nie probeer om babawoorde te vind vir woorde wat kinders dalk nie sal ken nie, bv konsternasie en konsistorie.

· Stinkie se ma raps hom, maar as hy onder haar arm inkruip nadat Juffrou Belladonna vir hom kyk, sit sy haar arm om sy lyfie (verkleinwoord) en druk hom styf teen haar aan (sy is lief vir hom al is hy stout)

· Ons neem maar aan die koster het die muiswippies vergeet!

Moerige moeder natuur

Einde September had ons ‘n verwoestende haelstorm hier in Klerksdorp, erge skade aan huise, karre en tuine. Die laaste herstelwerk aan ons huis is verlede Dinsdag afgehandel, en die tuin het weer kop opgetel. Vanmiddag kom die wind, en daarmee saam die onheilspellende doef-doef van haelkorrels op die dak. Ligte paniek in die Lewieshuishouding, ons sien nie kans vir ‘n herhaling nie, Yslike haelkorrels stroop deur die bome se lower en hop op die gras. Dit duur nie lank nie, maar die blare wat die wêreld vol lê is ‘n herinnering aan hoe dit kon gewees het.   Dit het so vyftien millimeter gereën, welkome verligting na die versengende hitte van die dag. Nou nog dreun die weer in die verte. Pure musiek in hierdie droë geweste.

En nou gaat ek kiep met daardie musiek in my ore. Goeie nag, Suid – Afrika!

O moedertaal, o soetste taal

 

Vanoggend besluit Vroukie die laaste kosaankope vir die Kersgety moet gedoen word. Veral groente is aan die orde van die dag, dus vat ons die pad Fruit and Veg City toe.

Daar gekom, vat Vroukie die patatpad en ek die pampoenpad. Mooi vrugte en groente, so in die midde van die seisoen. Die spanspekke is rypgeel, ruik sommer so Porrarig. Mens wil net koop. Die spinasie diepgroen en kraakvars, die wortels vitamiengeel. Die dames is ook nie skaam om bietjie waatlemoen te wys nie, en die inkopietog raak nogal aangenaam.

Met ons waentjie propvol van die paradyslike opbrengs van die aarde, val ek en Vroukie by die betaalpunt in. Ons sal die Kersfeesgaste heilsaam kan voed.

 

‘n Kleurlingmeisie beman die till. Sy bedien ‘n ouerige dame wat Afrikaans met haar praat maar sy volhard met ‘n baster Engels. Ek vervies my, dis duidelik dat sy self nie Engelssprekend is nie maar uit pure vertonerigheid haar bedenklike bedrewenheid in die taal wil uitstal.

 

“Joe!!” roep sy, “box!” ‘n Helper in ‘n groen golfhempie kom aangesluip met ‘n boks waarin die klant se aankope gepak word.

 

“Luister”, sê ek, “hierdie dame praat Afrikaans met jou maar jy ignoreer dit die heeltyd. Maar ek sê jou nou al, wanneer jy my bedien, verkies ek om in Afrikaans aangespreek te word”

 

Sy kyk na my met sulke Boesmanogies. As sy haar mond oopmaak om te praat gaap haar lover’s gap pienk en plesierig soos ‘n beligte stalagtiet in die Kangogrot.

 

Dan skree sy venynig “Joe doos!”

 

“On second thoughts, “ sê ek, “Maybe we should rather stick to English”