“Lewies! Kom help my gou, Skapie! Ek wil die gordyne in die woonkamer afhaal”
“Die wie se waaat?”
“Jy weet ek pes dit as jy so met my praat. Ek sê: Kom help my gou, ek wil die gordyne afhaal”
“Die gordyne? Maar hoekom Vroukie?”
“Die goed is vuil en vol stof nadat hulle die nuwe plafonne in die kombuis ingesit het. Om nie te praat van die hondehare wat jou brak afgee as sy daar in die deur lê nie”
“Ek kom nou, ek is besig”
“Besig waarmee Lewies? Jy sit al ‘n uur voor die rekenaar”
“Ek tjek net gou hier op die blogs. Dalla se Pa het ‘n Krismispresent vir my gestuur, kom kyk net hier! Jis, dis skerp!”
LEWIES … ek hoop dit reën daar by jou …
Nie te veel nie …
Nie te min nie …
HappY HappY … MerrY MerrY!!
“ So dis wat jy die hele blerrie tyd voor die rekenaar doen! Ek dog jy is besig met jou Project Management, maar nee, hier sit jy jou en vergaap aan kaal vroumense!! “
“Darem nie kaal nie Vroukie! Maar kyk net hoe oulik, die manne moet bid vir reën dan word haar TShirt nat en dan …”
“En dan wat Lewies? Dan hang jou lus verder uit? Magtag, ek dag mans kom een of ander tyd oor hul kindersiektes.Maar dis net hoe julle is, dink mos nie met julle breins nie, “
“Ai fok Vroukie…”
“En moenie so lelik praat nie!”
“Ja maar dis darem rerig nie so erg nie…”
“Nie so erg nie?! Dis blatante uitbuitery van die vroulike liggaam vir die plesier van ‘n spul orige mans! En hier sit jy en kwyl daaroor! Wat sal ons kinders sê as hulle dit moet weet!”
“Ag Vroukie…”
“Ag se gat, en nog ‘n ding…”
Dankie DsP, baie fokken dankie.
mooi man, soms hou jy maar jou geskenke vir jou self giggel in die mou en gaan aan!
Sorry Sorry … rerig SORRY!!LMGA!!!:)))
Wees dankbaar dat dit darem gereën het!
Verspreide donderbuie.
Ek sukkel my dinges af om te kommentaar oor die kommentare, die kommentaarvenster spring op daar by die lettertrash ding onder aan die bladsy en laat geen ruimte vir die stuur funksie dingetjie nie. Dankie aan julle almal vir simpatie betoon!
Slaap julle op ‘n Sondagmiddag in Potch?
Smk!
Miesies Lee! Nice to have thee!
Met bliksemskigte!
Ons het mooi (!)reën gehad, Vuurklip!
Hoofsaaklik eenrigting, Flenters!
Newwermaaind, ek kyk nie ‘n gegeefde perd in die bek nie!
En dis net goeie bedoelings, Makkie!
Hi Therina! Van kniediep tot oor die ore!
Ai Murphy, not a nice place to be!
Daar’s hy Kelly, mens mag maar jou eie little secrets hê!
laat ek nou so laat op ‘n Maandagaand hardop sit en lag! ons het jou gemis man Lewies!!!!!!!!
(*)(*)
Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie. So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.
Hi Trouby!
Hallo Zeppie, die symste daar vir jou en die ander Zeppies!
Hene, Lewies. Jy is so oulik!Ek laaik jou vrou ook..lollllla
Hi Lou!
gegroet, Vormpies!
Netso Annemari! Dis die mooiste present wat ek nog ooit gekry het!
Ek hou van die tweede laaste sin, en stem!Ha Ha !