Ons het Vrydag vir vriend Gert ter ruste gelê. Nadat Ca seker twee jaar gelede die eerste vyandelike vuur geopen het, was dit van een dokter na die volgende, ‘n operasie hier en ‘n operasie daar, bespiegeling en vertwyfeling en hoop. Dum spiro spero, immers. Haarverlies, haargroei, simbolies van hoop. Ca is egter nie ‘n man se maat nie, ‘n vuil bakleier wat jou sonder genade of erbarming besteel van alles menslik, ‘n sakkeroller wat jou waardigheid skelm ontfutsel terwyl hy jou in ‘n doodsknelling aan die keel beet het.
Saterdag nooi sy vrou in pas verrworwe weduweestaat die vriende om te kuier, ‘n vleisie te braai en ‘n glasie wyn saam te geniet soos in ante Ca dae. Ons onthou vir Gert, gesels oor hom, onthou die kuiergatdae, lag oor sy bedonnerde onverdraagsaamheid teenoor dinge wat hom nie aangestaan het nie, lag oor die terg en spot van weleer.
Vale amice, requiescat in pace.
Dis erg!Dankbaar dat julle oor die weduwee besorgd is.Rustige aand.
Sterk vrou, goeie vriende.
mooi gebaar, mag die kuiers nooit op hou nie ek sien my ma het heeltemal weg gekwyn en alleen geword.
so groet ons die wat sin maak ….
Ons onthou die mooi goed.