O moedertaal, o soetste taal

 

Vanoggend besluit Vroukie die laaste kosaankope vir die Kersgety moet gedoen word. Veral groente is aan die orde van die dag, dus vat ons die pad Fruit and Veg City toe.

Daar gekom, vat Vroukie die patatpad en ek die pampoenpad. Mooi vrugte en groente, so in die midde van die seisoen. Die spanspekke is rypgeel, ruik sommer so Porrarig. Mens wil net koop. Die spinasie diepgroen en kraakvars, die wortels vitamiengeel. Die dames is ook nie skaam om bietjie waatlemoen te wys nie, en die inkopietog raak nogal aangenaam.

Met ons waentjie propvol van die paradyslike opbrengs van die aarde, val ek en Vroukie by die betaalpunt in. Ons sal die Kersfeesgaste heilsaam kan voed.

 

‘n Kleurlingmeisie beman die till. Sy bedien ‘n ouerige dame wat Afrikaans met haar praat maar sy volhard met ‘n baster Engels. Ek vervies my, dis duidelik dat sy self nie Engelssprekend is nie maar uit pure vertonerigheid haar bedenklike bedrewenheid in die taal wil uitstal.

 

“Joe!!” roep sy, “box!” ‘n Helper in ‘n groen golfhempie kom aangesluip met ‘n boks waarin die klant se aankope gepak word.

 

“Luister”, sê ek, “hierdie dame praat Afrikaans met jou maar jy ignoreer dit die heeltyd. Maar ek sê jou nou al, wanneer jy my bedien, verkies ek om in Afrikaans aangespreek te word”

 

Sy kyk na my met sulke Boesmanogies. As sy haar mond oopmaak om te praat gaap haar lover’s gap pienk en plesierig soos ‘n beligte stalagtiet in die Kangogrot.

 

Dan skree sy venynig “Joe doos!”

 

“On second thoughts, “ sê ek, “Maybe we should rather stick to English”

 

21 thoughts on “O moedertaal, o soetste taal”

  1. Vreemd né. Ons is seker maar so gekondisioneer.Lekker dag vir jou ook daar by die see, skuins voor Nuwejaar is ek ook daar!

  2. Ek het so ‘n mini groentetuintjie met ses spinasie plante, maar tussen die kewers en die haelbuie is daar nie veel om te oes nie.

  3. ek het saam julle gegiggel… dis mos die soort taal wat hier in die namakwaland gebruikstaal is.”make love, not war”… in Weskus Afrikaans vertaal… “nai man moetie fightie”

  4. Dis glo hoekom Kaapstad as mother city bekend staan! Selfs Shabir Schaik gebruiik daai uitdrukking van “Jou ma se watsenaam” kwistig!

Leave a reply to pasella Cancel reply