Abel die Cheetah

Hier’s hy, Abel Kantoor Radebe in lewende lywe, hortikulturele bestuurder op die Lewieslandgoed, Cheetah – ondersteuner extraordinnaire, soos ek ‘n tydjie gelede geblog het. Vir die wat dit gemis het, herhaal ek die inskrywing.

 

Abel word ‘n Cheetah

 

 

Vroeg in die Curriebekerseisoen

 

 

“Hallo Abel. Hoe gaan dit?”

 

“Eeh, Baas. Gaan goed Baas”

 

“Jis Abel, jy het ‘n mooi hemp aan!”

 

Abel smaail dat sy blinde oog vonkel.

 

“Dis mos ‘n Cheetah hemp, Abel”

 

“Baas?”

 

“Dis ‘n Cheetah hemp, die supporters van die Cheetahs dra dit”

 

“Baas?”

 

“Die Cheetahs is ‘n rugby team Abel. Hulle supporters dra die hemde, soos die Chiefs se supporters die gold and black dra. Van die ander teams is die Sharks, hulle hemde is grys en swart, dan is daar die Bulls, hulle hemde is blou.”

 

“Ek ken nie die rugby nie Baas. Ek ken net foot ball. Ek like die Pirates”

 

“Ek ken weer nie van sokker nie. Waar kry jy die hemp, Abel? Het jy hom gekoop?”

 

“Nee, Baas, ek kry hom by die anner baas.”

 

“Die hemp is nog nuut. Ek wonder hoekom gee hy dit weg.”

 

“Baas?”

 

“Ek sê die hemp is nog nuut. Hoekom gee daai baas die hemp weg?”

 

“Die baas sê die hemp is kak. Annerdag ek sien hy dra nou ‘n blou hemp”

 

 

 

 

11 thoughts on “Abel die Cheetah”

  1. Ek dra maar by tot sy Kersfees–die ding met Abel is daai oog, as hy vir jou kyk met hom en nie met die anner een nie kos dit jou R30, 00 in leen!

  2. Geseende Kerfees vir julle almal. Dis snaaks om soveel ou Cheetas in die blou te sien…wonder hoekom die bulle wen?

  3. Hallo ekke, die bleddie Letterrash laat my nie toe om daar onder by jou kommentaar te reageer nie. Ja nee, ou Abel staan fier,want hy word gesnap!

Leave a reply to pasella Cancel reply