Lament
Dionysus, Dionysus, dithurambe van die vors
Deur wyn bebliksem in my gees
Waarom is die metgesel van Krismisdors
Die kloppend pyn van hersensvlees?
L’envoi
Parasetamol. parasetamol, o wonderkuur
Hoe lank gaan die verligting duur?
Eer die dors weer na boontoe beur
En goeie voornemens aan flarde skeur?
Siestog, my ou maat! Drink maar baie water en sit ‘n paar biere in die yskas vir later…
Akute geval van “In vino veritas?”KFC en Coke help glo, hoor ek.:-)
Simpatie!
‘n bietjie tyd, ‘n bietjie tyd…Dan kom die dors,Dis nou maar wors.:-)
Dankie vir die simpatie!
Too much vino, Thomas!
Dankie vir die medelye Kelkie!
Die dors, die vervloekte dors!
Die waterkar staan ingespan, Therina!
Dis die waarheid, Murphy!