Nou ja, onse goed is gepak vir die tog Kaap se kant toe. Die Lewieswoning lyk asof dit deur Zeus se bliksemskigte getref is, deurmekaar soos voor die Skepping. Hoe gaan ek al die goete in die kar kry? Dink lateraal, dink kreatief Lewies! Ons plan was om eers in Stanford te kuier, dan ‘n draai in Parklands te maak, maar nou is die twee kleinste kinders in Stanford deur die waterpokkies gepoks, wat beteken dat die Parklanders nie meer saam gaan kuier in Stanford nie. Herberekening, nou gaat ons eers Kaap toe en dan Stanford toe. Die verandering het nogal logistieke implikasies wat die pakkery aanbetref. Nietemin, moreoggend vat ons die pad Kaap toe, die bestemming is slegs ‘n klein variant.
Whatever, Lewies, julle gaan anyway daar uitkom en dit so geniet.Mooi ry!
Dankie Lou! As pas geworde ouma sal jy weet hoe ons uitsien na die eindbestemming van die trippie!
Dankie Maankind! Hoop jy kry daai doewei sneeuwit!
veilig ry en geniet elke oomblik van die kuieren bring genoeg herinneringe saam terug vir ‘n lekker vertel…
dankie Anha! Soet wees terwyl ek weg is né!
Maak so Maghitta!
Many moons ago, Therina!