“Mirrag! Mirrag mense! Welkom! Welkom!” groet die ontvangsdame by die gastehuis in Victoria-Wes vriendelik. Dis laatmiddag en ons is voos van die lang rit. Die ore suis en die kop duisel, nou vir ‘n lekker koue bier en ontspan voor ek ‘n vuurtjie brand steek om ‘n Karoo tjoppie te braai.
Maar nou tree die ontvangsmeisie vinnig vorentoe en plak karplaks! onverwags ‘n soen op Vroukie se mond. Sy slaan haar arms om Vroukie en gee haar ‘n stewige druk. “Voorspoed vir twenty ten! “ sê sy.
Onthuts bekyk ek die petalje. Gaan sy my ook soen? Nie dat die meisie onaansienlik is nie, geil gebou sonder om oortollig te wees, met so veterstrappie bloesietjie aan, vol, maar nie ingeprop nie.Vir ‘n oomblik staan ons so en mik na mekaar, dan kom sy vinnig nader, haar mond gepruil in wat beloof om ‘n klapsoen te wees, maar net voor die oomblik van impak draai sy haar wang kuis en kontinentaal. Die soen wat ek vir haar mond gekorrel het smak hier êrens langs haar wang, ek tref skrams ‘n sagte harerigheidjie, voel of ek ‘n nat sjêmmie soen. Smaak my ek plant daai soen hier op haar regter oorlel. Dan pak sy my ook beet in ‘n tentakel omhelsing, asof sy die meisie in die Chris Blignaut – liedjie is wat passievol pleit dat Jan haar asseblieftog moet squeeze. “En ‘n hêppie niewe dja virrie maste oek!”
Ai ja, die reënboognasie!
Kostelik,soos net jy dit kan vertel Lewies.Heppie new year vir jou en Mev Lewies.
vlees en bloed net soos ons, maar met ‘n definitiewe oordadige kink, ek is besig om baie lief te raak vir hulle, so oop soos die Heer se genade…..
ek dog hulle maak bikinis van sjemmies 🙂
Jissie, Lewies!Ek duik agter die monitor om my lag weg te steek.”geil gebou sonder om oortollig te wees”Dis flippen briljant!
Mirrag, Lewies!
Jitte, dis goed geskryf…ek sien dit sommer so in my geestes oog! Dankie
Protokol raak kol kol maar moeilik…
:-))
Ma’ dis dan mos oense mens daai! Ennit was sieker meddie truggaanslag van djou dat sy va blydskap dit gadoen het soedat die Kaap weer oense Kaap kan wies? Of wat seg ek my bra?
Hi Flenters, so verkies ek dit ook.
Dis ‘n kuns Andre!
Hallo DsP!
Moet wees Kobus, you’ve seen the mountain now go home!
Pure Kaapse vrindelikheid Therina!
Hallo Donker Nag–jou eerste besoek hier by my? Welkom so in die Karoo tradisie ook!
Newwermaaind Maankind, ek dink die meeste mense verkies nie die handtastelikheid nie!
Hoesit Berwick!
Hallo Lou, dis hoe hulle geteel word daar innie Kroo, nes die Merino’s!
Ek sal bietjie oplet as ek weer aan ‘n bikini voel Poppie!
So met die Heer se genade saam sal mens seker vir die nasie kan lief raak, maar hulle is ‘n ander pampoen se pitte!
Dankie Modderkoekie, en ‘n lekker jaar ook vir jou en Moddermannetjie, mag julle spoedig ontdooi daar in die sneeuland!
Oooh hoe lekker giggel ek nou!Oom Lewies, ek stuur sommer ook vir jou ‘n klapsoen… net om die dinge weer uit te balanseer 😉
Hi Sonel! Dankie vir die drukkie!
Dankie DK, hoogs gewaardeerd!
More Lewies. En welkom terug 🙂
Dankie Kelkie! Ek is terug in die tuig en die tuig skaaf al klaar!
Ek kon nog nooit gewoond raak aan die wangsoenery nie. As ons Boere ‘n ding doen, doen ons hom ordentlik.
Dagsê Jan!
Hallo Annemari!
En dit alles ingesluit by die prys!