Twee klein woorde

 

Ek het na werk vinnig by Checkers ingespring vir ‘n paar goedjies, en is weer eens getref deur Checkers se toegewyde verbintenis om die agtergeblewenes in die werksmag op te neem. Dis verbasend hoe die kassiere opgelei is om ‘n hele transaksie, of dit nou een item of ‘n trollie vol is, te hanteer met net twee woorde in hul woordeskat, ongeag van die feit of die klant sê “More” “Good day” of “Dumela” net twee woorde is genoeg om die gesprek te voer: Ten eerste by die aanhoor van die groet word gemompel ” Plêstiek?” en na afloop van die proses “Straight?” Wat meer is nodig?

 

10 thoughts on “Twee klein woorde”

  1. Nie eers ‘n klokkie tussen-in om die supervisor te roep om die overring wat sy gemak het te kom regmaak nie?

  2. Waarom is die personeel by al wat Game is so donders ongeskik? Hier by ons is die Checkers en Spar-mense heel beskaafd. Maar om kassiere te wees is seker nie aldag dié stimulerendste joppie nie….

  3. Jy “shop” op verkeerde plek. Hier by ons ken hulle almal glads my kind se naam en vra hoe gaan dit met haar as sy nie by is nie. “Koop Mevrou dan nie vandag die John Rolfe nie?. Meneer was dan ook nog nie vandag hier vir die sigrets nie?”

  4. Wat ek agter gekom het is dat hulle gesteur word as hulle jou moet help, jy mors hulle tyd daarom is hulle altyd so onbeskof en skreeu in plaas van soos opgevoede mense te praat kyk gerus na die norgs onbeskofte goooooooooeeeeeddddddddddd by Edgars, Vroë jare het mense oor hulle voete geval om jou te help, want hulle het kommissie gekry vir elke verkope nou kry hulle almal een moerrrrssee salaris.

  5. Die ding het ek ook al opgemerk en dis om van siek te word. groet is blykbaar heel onnodig, jy’t mos klaar die kak gekoop nou is dit net die geld wat tel.Dis mos nie asof jy nou die goed gaan terug sit nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s