Ons het oor die naweek gaste uit die Kaap gehad, Boikie en sy familie.
Hier is Liam, die jongste kleinkind en enigste seuntjie (so ver!) uit die Lewiesnageslag.
En hier is sy ousus Mira
Maar saam met hulle was daar ook ‘n ongenooide gas, Gastro, wat ons kuier versuur het. Eers val Liam in, toe sy ma, toe die uwe, toe Vroukie, en laastens Boikie. Die kleintjies en hul ma kuier nou by die ander oupa en ouma op hul plaas net hier buite onse dorp, Boikie is reeds terug Kaap toe om die pot aan die kook te hou. Ek en Vroukie het gister tuis gebly om te herstel. Selwers voel ek vandag nog nie 100% nie en het dus nie gaan werk nie. ‘n Jaar of wat gelede sou ek my gewonde liggaam wel werk toe gesleep het, maar nie meer nie.
Ons oudste kleinkind Kara is vanjaar skool toe in Hermanus. So het sy gelyk op die memorabele dag, ‘n regte graad eentjie parrabeentjie. By haar is haar sus Mia, ewe belangstellend ( en antisiperend geklee vir ‘n moontlike koue front!)
Genade maar dis ‘n klomp mooi name wat die nasate het!
Ek dink dit was oom John Vorster wat gesê het dat kleinkinders God se gawe aan ‘n ou mens is. Jy is bevoorreg. Ek wonder soms watter soort oupa ek sou gewees het as ek kinders sou gehad het.
Mooi derde geslag Lewies.
Gastro Onder!
Gelukkige man met sulke kleinkinders!Hoop jy herstel gou!
So groei ons volkie met al die klomp kindertjies…Nou is jy ryk
Ja nee Monica, familiename soos Lewies se tyd is verby!
Ja, en die memories dra mens in jou hart.Welkom Spokie, ek het daar by jou gaan inloer, ek laaik jou staail!
Sommer so op die baadjie getakseer dink ek jy sou ‘n wonderlike oupa gewees het, Kobus.
Die oumense het gepraat van appelkoosmaag, dis dalk hy die!
Dankie Annemari! Lyk my vier is ook ons voorland.
Dankie Ouboet!
Dankie Ekke, baie spesiaal.
Dis ‘n kak siekte daai Andre!
Dankie Thomas.Ek dink ek is nou ok.
Net so Zeppie!
Dankie Kelly!
Hallo Therina, ja nee, oupa-wees is lekker!
Goed gaan, Lewies.
Thanks Berwick!
Pragtig Oom Lewies.
Thanks Jan, jy kan darem nie allenig spog met klein Twakkies nie!
Mooi gestel, Flenters.
OupA!!!
Hoezit DsP!
Die trots van ‘n Oupa. Ouboet se middelste is ook die jaar graad 1 toe. Nou is daar nog een wat moet gaan. Hulle word te vinnig groot.
Waar is Lewies
Net so Kerneels!
Verval in die slegtigheid Zeppie, ek het my hande aan die ledigheid en my gat aan die saligheid oorgegee!
die kinners lyk seker na die Ouma……
Hi Pruim, Nie uit verdienste nie, maar alleen uit genade!