O die pyngedagte

Vanoggend kla Vroukie so sonder om genotice te word van ‘n pynerigheid hier in die lae rug Dr Lewies het gister ‘n twee uur lange lesing bygewoon oor Empoyee health in the Workplace, of iets dergelyks, waarin die aanbiedster melding maak van Ergonomic Stress, dit is nou onder andere pyne as gevolg van die hele dag voor die rekenaar sit onder stressvolle omstandighede. Moenie worry nie, Dr Lewies skryf voor ” Drink een van daai Coxflam pilletjies in die medisyneboks, dit sal help”. Later, teen 14:00, bel Vroukie om te sê sy het ‘n lelike uitslag, sy gaan dokter toe, Dr Lewies sit twee e twee bymekaar. Dalk allergie teenoor die Coxflam? Ja, beaam die dokter, MB etc. Nou lê Vroukie in slaap se armen, uitgepaas van die teenmedikasie. Ek sal wragtig nie eens ‘n Panado aanbied vir iemand met Maandagbabellas nie.

 

 

17 thoughts on “O die pyngedagte”

  1. Lewies, sorry, dokter, Begrawe jy ook jou oopsies?Ag sy sal ok wees. Ek dink ‘n lekker rugvryf sou beter wees.

  2. Die ou Romeine het geglo similia similibus curantur (letterlik dieslefde dinge word deur dieselfde dinge genees, maw vat nog ‘n dop!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s