‘n Stappie na die reën

‘n Tipiese laatsomersdag hier in ons geweste, lekker warm en bedompig, met die belofte van ‘n reënbui later. Die reën was nie veel nie, genoeg om die hitte te temper en die gemoed te sus. Ek en Pamela die werfhond het net na die bui vir ‘n lekker snuffelstappie gegaan, die water spoel nog so in die straatvore, aangenaam lou van die teer se hitte. Ek merk op dat die witstinkhoute geen bessies het nie, gewoonlik die tyd van die jaar begin die bessies ryp word en baljaar die voëls in die bome. Ons het aan die einde van September deurgeloop onder ‘n vieslike haelstorm wat die bome en ander plante gestroop het van hul lower, en ook die stinkhoute van die groen bessies. Een goeie ding daarvan is dat die spreeus nie weer gietergat die bruin bessiestrontstrepe moedswillig op die onmoontlikste plekke teen die mure sal skyt nie!

15 thoughts on “‘n Stappie na die reën”

  1. Stuur van daai water hientoe!Die spreeus kan maar skyt net waar hul wil, as dit net wil reen- miskien eendag

  2. Lekker stukkie daar in Kastrolstroom/Tlokwe? Potch het my goeie en slegte herinnerings gegee. Was daar in die Army.

  3. More Ouboet, eintlik bly ek hier in Potch se buurdorp, Klerksdorp. Ek dra egter gereeld by tot die ekonomie van daai dorp via ondersteuning van die inry foto-ondernemings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s