Ek en Vroukie het vanaand die Avatar- ding gedoen. Na die fliek sit ons en wag vir ons gedeelde pizza in Panarotis, elk met ‘n glasie wyn. Ons het altwee van die film gehou, lekker sci-fi intrige, fantastiese fantasie, maar ook ‘n lessie of twee: moenie Moeder Gaia op haar ê skop nie, sy kom terug met ‘n vengeance, en die Amerikaners is maar ‘n klomp fokkers. Wat my pla is die deus ex machina einde, so haastig afgerammel. Fokkit, daai regiseur het honderde laat sterwe in Titanic, as Jake die einde sou beërwe in Avatar sou dit dalk meer geloofwaardig gewees het. Maar dan, in ‘n sci fi fantasy is alles moontlik! Nietemin, ‘n genoeglike aand uit, ons het dit te lank gelede gedoen.
Lekker!
genoeglik …..lewies, jy laat my smile, mog ek tog eendag die voorreg he om jou te ontmoet ……..
Hi Berwick!
Lyk my min mense fliek deesdae… dit was net ek en Vroukie in die fliek.
Pruim, die begeerte is wederkerig, dit sal voorwaar ‘n genoeglike geleentheid wees!
Ek het gedink die ophef oor die film is oordrewe, maar nou weet ek waarom.
Dis te gerieflik om ‘n dvd by die huis te kyk, maar die big screen het sy bekoring (ek laaik die stoeltjiesfliek sêding!)
Heerlik om so meegesleur te raak!
Regte kultuurdier ekke!
netso Kelkie!