Vroukie is Pretoria toe om ‘n werkswinkel by te woon. Sy kom eers Vrydag terug. hier sit ek soos Piet Snot en wonder hoe om myself sinvol besig te hou. Ek het selfs al gister se skottelgoed gewas, ek wou dit eers los vir die huishulp (polities korrek né!)
wat weer Vrydag inkom, maar besluit toe daarteen.
“Wat sal ek eet?”wonder ek
“Wat van gister se pasta?”
”Nee wat”
“Hoekom nie? Dit was lekker gisteraand”
“Gisteraand, ja”
“Wat van ‘n Steers burger of vis en tjips?”
“Ek wil nie nou ry nie”
“Wat van ‘n tjoppie braai?”
“Ek het nie nou lus om vuur te maak vir ‘n tjoppie of twee nie”
“Nou wat dan?”
“Daai bakkie biefstew wat ek by Checkers gekoop het met pap”
“Nice. Sê nou daai stew gee jou spuitpoep?”
“Sal maar die kans vat. Wat nie dood maak nie maak vet”
“Wat gaan ek doen om die aand om te kry? Lees?”
“Uhm. Jy is mos besig met Katvoet van Riana Scheepers. Maak hom klaar en kyk dan ‘n movie, daar lê ‘n paar DVDs en wag.”
“Onthou jy toe ek vir Riana by die Leeskringseminaar in Welkom ontmoet het?”
“Ons het etenstyd langs mekaar gesit en gechat”
“Sy het ‘n swart rok aangehad”
“Haar hare was blond”
“Die swart rok se hals was laag”
“Sjiek, nie waaghalsig nie”
“Die swart rok was kort”
“Sy het mooi bene”
“Sy was mooi bruin gebrand”
“Ek onthou sy het plat sandale aangehad”
“Daar was nie naellak op haar toonnaels nie”
“Sy het sulke klein toontjies”
“Soos jelly beans”
“Ok, dis nou al skemer”
“Tyd vir ‘n glasie plonk”
“Daar is ‘n bottel Robertson Ruby Red, ‘n special by Checkers”
“Minder as R20, 00 per bottel. Ek moet nog ‘n bottel of twee koop vir die naweek”
“Ek moet net nie die hele bottel uitsuip nie. Ek moet more Carletonville toe vir ‘n forum vergadering”
“Kak vergaderings daai”
“Maar dis lekker om vir ‘n dag uit die kantoor te wees en met ou kollegas te gesels”
“ Nou waar’s die plonk?”
“Nou praat jy!”
Oom … het die Tannie ‘n jakkie of sambreeltjie ingepak?!Dit reën katte en honde!
Gelukkig het jy intelligente geselskap.:DHuishulp is miskien nie meer polities korrek nie.Wat van…nee wat, huishulp moet maar huishulp bly.
Eish. Ek hoop helfte van julle is al huistoe wanneer vroukie tuiskom…
:-)) Groete, Lewies.
Dankie Berwick!
As jy nie meer van jou eie geselskap hou nie kan jy net stilbly!
Welkom by die ga-ga klub Murphy!
Slim Klari!
Dis politiek, jy sê wat die ander wil hoor!
Ons wynsondaars moet altyd die gelag betaal!
Jy weet mos Flenters! All dressed up and no place to go!
wat van Housie, Huis-ousie?
Sy’s hier weg met so ‘n itsy bitsy teeny weeny enetjie, DsP, hoop hy help!
hoop jou alleenaand word net al beter en beter so met glasie gewapen!
Nou maar, dan plonk ek saam. Ek plonk sommer met four seasons (let wel nie cousins nie) van Liqour City. Ek dink dis so R38 vir ‘n liter 🙂 Soos engeltjie piepie op die tong.
Dankie Pennestrepe!
Tjeers Maryke! Laat hy val op die mangel!
Ek is orraait, maar my alter ego kan ‘n lot snert kwytraak as die plonk praat!
‘hik’….sheg djy nou, plonk in, plonk oppie gat
Plonk verdra geen onreg nie!
Hierdie een is op jou Sonel, tjorts!!
…ello Ekke!
En met die oopmaak van die plonk was daar stilte.Maar slegs met die oopmaak. Hoe meer die drink, hoe luidrugtiger die gesprek.
Soos ek sê, ek is ok, maar daai ander ou!
Polities korrektheid is geleë daarin hoe lank jy die woord Maid uitspreek 🙂
Hehehe! Ja né!