Vleis
Brommers zoem om die verminkte lyk tussen die bosse.
“Was sy twee, drie en veertig?” wonder Inspekteur Wannenburg.
“Kan nie nou sê nie”, antwoord Inspekteur Namakele. “Wanneer het jy die lyk ontdek?” Die vraag is gerig aan Vleis Fourie
“Vroeg vanoggend. Die honde het mal gegaan. Ek het dadelik die polisie gebel”
“Daai klomp by die charge office is fokken gevrek” brom Wannenburg.
“Mutimoord. Die ingewande is uitgeslag en die borste is verwyder”
“Kry nog koffie en vleispasteitjies,kêrels, is immers etentstyd” nooi Vleis.
“Uuhm, lekker pasteitjies” smak Wannenburg
“Self gebak, vroeg vanoggend” sê Vleis trots.
My poging vir die blitsfiksie kompetisie.
Wil julle die resep hê?
Whaaaahahaha!Dis uitstekend en nee dankie vir die resep.
π
Eish, jir! Hoe gril ek nou tot in my kleintoontjie!:-)
Goed gedoen-tot by die grilreaksies!
Gooi maar. Solank die pies net nie sooibrand gee nie. En ek hoop nie daai lyk is naby Klerksdorp gekry nie.
Vleis sΓͺ glo hy hoor op ‘n vergadering daar is baie vleis in Pienaarsdorp. Ligloop!
Dankie Penne!
Lus vir ‘n paai Thomas?
Ja wat Therina, hulle eet dat die sop so pat!
Paais is ennway sleg vir die cholestrol!
Hallo Berwick!
Nie lus vir ‘n paai nie, Lou?
Jammer ek het jou eetlus gespoil, Ghaap!
Dankie Ekke!
Smart OOM!
oe nee herder, hou myne maar in die yskas asseblief :O
Hallo DsP! mag jy guns beleef daar in Pertoorsdorp!
Hi Trouby! Lekker dag vir jou daar in die land van die Visvoete!