Lewies trap in die kak

 

Askies Vroukie man, ek het nie geweet die rooi kaffir sheeting* inkopiesak sal afgee  in die was nie. Maar wat is nou fout met wit panties wat pienk gekleur het?

 

O, die wit toppie. Ek koop vir jou ‘n ander een as ek bonus kry volgende jaar Januarie.

 

Ag nee fok Vroukie, moet nou nie so wees nie.

 

Askies, ek sal nie weer fok sê nie.

 

 

 

Die nat toilet seat? Ek het nie geweet ek kan nie rooiwyn drink as ek staan en pie en ook n tydskrif deurblaai  nie.

 

Askies Vroukie., maar nat boude word mos weer droog.

 

Sjoe!! Ok, Vroukie, ok!

 

 

 

* As kaffir sheeting jou affronteer vervang asb met polities korrek en aanvaarbare  terminologie. Ek is gatvol om dit te doen.

Advertisements

Dit reën in die Vrystaat

Vroukie het die fotos gister geneem op pad Kroonstad toe.

Ja, die ou Vrystaat is mooi! Die gras geil en in die saad, die stingels blink en buitel in die son. Is maar my hartland, die.

Vroegoggendreën

Dit reën so van vyf uur af, sak taamlik fris uit. Lekker so op ‘n Saterdagoggend. Die ou mense sê so ‘n vroegoggendbui is soos ‘n oumeid se dans, dit duur nie lank nie, maar die lug is toegetrek en swanger, ‘n tipiese geelperske-reën.

 

Ek en Vroukie het beplan om vandag Kroonstad toe gaan om vir die Club Octogenarian te gaan kuier. Dis vir my ‘n moerse depressing uitstappie, die dorp waar ek grootgeword het en wat eens werklik die mooiste dorp in die Vrystaat was is so opgefok deur swak en korrupte munisipale bestuur dat dit nou soos ‘n brandsiek scrapjaart  hond daaruitsien.  Dis simbolies dat die pad waarmee ons die dorp binnekom eers langs die begraafplaas verbyloop en dan verby ‘n uiters vervalle gedeelte van die lokasie. Troosteloos. Die pad vanaf Klerksdorp oor Viljoenskroon is ook nie meer in ‘n goeie toestad nie, en so met die reën is die slaggate verskuil in die water. Dus, nie ‘n trippie waarna ek uitsien nie. Sal ons die kuier uitstel? Ons het reeds die Club ingelig dat ons kom en hulle sien uit na die kuier, daarby is daar ‘n paar admin sakies wat ons moet uitsorteer.  So, lyk my ry sal ons ry.

 

Die gedagte aan die pad vol slaggate laat my dink aan die stelling dat die registrasieletters van die provinsiale nommerplate ‘n aanduiding is van die graad van die potholes in daardie spesifieke provinsie: Gauteng (GP) Groot Potholes, Mapumalanga (Fok, ek kry die piep as Riaan Cruywagen dit so oordrewe uitspreek!!), MP Moerse potholes, en Vrystaat (FS) Fokken Slote!

 

 

Booby trap!

“Sies fokken ga!! Bliksemdonnerwettermoer!! Pamela, jou helsim! Hoekom plant jy jou slapskyt booby traps hier tussen die lang grasse waar ek dit nie kan sien nie! En dan is ek nog kaalvoet boonop! Fok!!”

 

 

 

Jinne Vroukie, is die dik rib jou dikrib?

Ek en Vroukie is vanoggend kwekery toe, sonder enige agenda, net om daar tussen die plante rond te snuffel. Maar soos altyd koop ons ‘n plant of twee wat hier in die hittige najaarson geplant word. Die arbeider het sy loon verdien, en ons sit in die koelte van die stinkhoutboom met ‘n verkilde wit wyntjie en gesels oor die verlede, die hede en die toekoms, laasgenoemde omhul in ‘n floers van onsekerheid, moet ons of moet ons nie. Terug na die verlede, daar is meer plesierigheid om in te skrop, soos ‘n plaashoender op ‘n ashoop. So dink ons terug aan ‘n bootvaart so ‘n jaar of twee gelede, lekker man. Die bloue see so om jou, almal happy en plesierig. Die enigste vlieg in die salf is die buitensporige drankprys. Maar dan drink mens ook minder en dis gesond so. Dus: ‘n ervaring soos min.

 

Ons is ‘n groepie van ses, swaertije en skoonsus (dis nou Vroukie se suster) en vriende van hulle, Peet en Mariaan (sê maar). Vir Peet en Mariaan ken ons nie, eers hier ter see ontmoet. Hulle is werklik aangename mense, en ons kom uit die staanspoor goed oor die weg. Veral saans aan tafel is dit ‘n plesierige geskerts en gelag, aangehelp deur die Italiaanse kelner Mario en sy kwinkslae.  Een aand na ete en ‘n bekostigbare glasie rooi wyn, (duiwelsdrek!) staan ons op die dek in die lig van die volmaan, vir ‘n oomblik is elkeen aan homself oorgelaat, versonke in sy eie gedagtes. Dis ‘n gewyde oomblik, en ek reik uit na Vroujie wat so met haar rug na my staan en begin liefderik aan haar dikrib knie met die duim en die wysvinger. Magtag, Vroukie, dink ek so by myselwers, die skeepscuisine doen jou goed, of nie goed nie, afhangende oor hoe mens nou voel as die dikrib so ‘n skilletjie  ontwikkel. Maar dit maak nie saak nie, die oomblik is groots, die vaarwater se skuim blink in die maanlig wat stol op die swart see, die polsslag is op minimum, die breinritme luier net genoeg om die oomblik in te drink. 

 

Dan kyk ek leepoog op, hier voor my staan Vroukie, aan die gesels met haar sus. Ek kyk na my hand wat die dikribbetjie so knibbel asof dit nie myne is nie. Dis hier in Mariaan se vlesighede wat my vingers dwaal soos Bambi in die woud! Ek los daai dikribbetjie asof ‘n bose gees dit in ‘n kool vuur verander het. Ek probeer snel dog grasieus die afstand tussen my en Mariaan vergroot, strompel in die proses oor my voete voordat ek veilige hawe bereik. Wat nou? Hoekom staan Mariaan daar soos ‘n hond wat regmaak om vir die volmaan te  tjank? Hoekom het sy nie padgegee of my indringerige hand weggestoot nie? Hoe hanteer ek die saak verder?

 

Ja wel, die volgende dag het ek moeite gemaak om haar en Peet êrens alleen raak te loop. ek het die hele petalje verduidelik. Almal het dit in goeie gees ontvang, en my eer is ongeskonde, maar ai, ek voel nog soos ‘n poephol as ek aan daardie episode terugdink!

 

‘n Paar maande later verneem ons dat Mariaan ‘n breukoperasie ondergaaan het. Vol bravade sê ek maar ek kon julle gesê het sy het ‘n breuk, ek het hom dan gevoel!

‘n Dooie taal sorg vir ‘n smile

Ek het van Woensdag tot Vrydag deurgebring in Christiana, by die voormalige Rob Ferreira – oord, deesdae een van die Protea hotelle. Luuks en lekker verblyf, ver bo my finansiële vuurherd, maar goedgunstiglik geborg deur die Noord – Wes Provinisale Administrasie wat daar ‘n sg Stakeholders’ Workshop aangebied het. Heel aangenaam so op die vooraand van die lang naweek. Lekker ook om met die ou kollegas te kuier en kennis te maak met nuwes. Een van die aanbiedings het gegaan oor rampbestuur, wat om te doen as Armageddon hier op jou voorstoep uitbreek. Na ‘n lang, maar interessante voordrag van een van die ouer kollegas, sluit sy af met die goeie raad dat ‘n lys van kontaknommers van diensverskaffers na so ‘n ramp byderhand gehou moet moet word. Sy noem dan ‘n klompie voorbeelde, polisie, brandweer, ambulansdienste, professionele skoonmaakdienste en so aan, en sluit dan af: “portable toilets, excreta, excreta” (Sic) Ja nee, Latyn mag ‘n dooie taal wees, maar roekelose gebruik kan vir glipsies soos die sorg, soos die ou Romeine sou sê, lapsus linguae (‘n tongglipsie). Was dit dalk ‘n Freudiaanse glips, het die aanbiedster dalk heimlik gedink dat sy ‘n klomp kak kwytraak?

 

En nou is ek terug, lekker gelees aan ‘n klompie blogs, ek moet nog by ‘n paar uitkom. Met leedwese het ek verneem van Jan Twak se afskeid, hoop jy verander van plan, Jan!