Handjies klap
“Jy moet die mong-khi-pho sop probeer. Hierdie is een van die min restaurante in Viëtnam waar jy dit sal kry. Dit word gekook van die handpalms van baba bamboesapies in die verafgeleë bamboeswoude naby Ankor Wat. Die inwoners is ellendig armoedig en jag die apies vir oorlewing”
Die sop is onbeskryflik lekker.
Dan voel ek iets hards in my mond. Suur kots stoot in my op as ek daarna kyk.
Dis ‘n vingernael, klein en fyn, soos die van my babadogtertjie by die huis.
Nog ‘n poging vir die Blitsfiksie kompetisie.
So, sop is ook uit vir ‘n rukkie!
Aaaarrrrrggggggg!!!!
‘n Paar mense is in die sop 🙂
:-0
whahaha!Geen sop vir my ook nie.
Hi Maryke! Ek neem aan jy wil nie proe nie!
Sluk hom maar Kelly, hy sal gaan!
Hallo Jan, jy was skaars!
Maw jy wil nie resep vir Huis Kleinmond hê nie?
HI Berwick!
Nou vir wat is jy so vol fiemies Lou!?
Skielik is ek nie meer honger nie….:-)
Bly maar by die Weetbix, Thomas!
Ag Oom Lewies daar was die voorval van die brannewyntrok wat voor ons huis omgeslaan het – ‘n man moet darem opruim :)O ja ek wou nog sterre vir jou storie gegee het – Baie goed, so reg in die styl van oorle oom Hitcock!
Daar verloor ek my eetlus…
haai Zeppie!
Hallo Therina, stiek maar by die kreef!