Wat is nou aan die gang met Letertrash? Eers dink ek sommige van my mede-bloggers het hiper-egos om hul inkrywings dubbeld te plaas, maar daar kom dit my toe ook oor en probeer soos ek wil ek kry nie die ongenooide dubbelganger verjaag nie. Voel omtrent soos toe ek my eerste bi focals gekry het, sien alles dubbeld (of jy sien baie van fokol!)
Mag julle ‘n aangename dag beleef, sonder enige peste wat wandel oor jul pad!
Klink na ‘n kuberkraker!