Blitsfiksie kompetisie nommer 4

Mooi nooi

“Fokof! Dis genoeg.” Hy stamp die kind weg, maak sy gulp toe. Sy struikel en val. Hy skop na haar, tref. Sy snork , spring op, hardloop weg, tjankend soos ‘n wilde dier.

 

“Voertsek! Fokken mal ding! Verbeel jou jy praat met diere!”

 

Hy skrik laatnag wakker. Deur die dranknewel voel hy die vuurpyn in sy hand. Hy wil sy hand terugtrek, maar dit hang willoos langs die bed.

 

Voor hom staan die mamba, bakkop. Agter die slang,die kind. Sy kyk na hom met dooie, dom oë.

 

“Sssssss” sê sy, “sssss!”

 

 

 

 

 

 

 

My vierde inskrywing vir die blitsfiksie kompetisie.

Die keer darem nie ‘n grillerige geëetery nie!

 

20 thoughts on “Blitsfiksie kompetisie nommer 4”

  1. DDB. baie goed Lewies. En juis net vandag is daar iemand twee keer gepik deur ‘n slang in Natal. Grrrrrrillllerig.

  2. dankie Maryke! Hier in onse dorp groei die gras so welig ek sweer daar is slange in! (Toemaar, sommer ‘n bangmaakstorie!)

  3. Dis nou die aand se volmaan, Lou! Maar ek sien weer more my span psigiaters, hoop nie hulle sluit my weer so lank op nie!

Leave a reply to pasella Cancel reply