Sê Litnet Blitskompetisie-redaksie vir my oor die Mooi nooi-storie:
Hi Lewies
Agv streng wetgewing, kan ons geen tekste met erotiese ondertone en kinders plaas nie. Dus: die tema van kindermolestering is die probleem.
Jammer vir die ongerief!
Groete
Imke
Nou is my batterie pap/ nat gepie, my skrywersinspirasie poer in sy moer, my drome van letterkundige pryse aan skerwe,
my ego in die swynehok.
“Sal Lewies ooit van hierdie striemende sweepslag herstel? Sal hy ooit weer sy pen in ink doop, sy vuige hande verder besmet met maagdelike Quink?
Vir antwoorde op hierdie en ander tergende kwessies, bv ‘Steek daar waarheid in die gerugte dat AVBOB tweedehandse pruike en Tuppertiete (Kopiereg Murphy) verkoop ?’, skakel weer in op hierdie blog.”
Ek glo nie wat ek lees nie. Bliksem. Asof jou storie nou kindermolestering goedpraat??????Nee wat Oom Lewies, dan moet jy maar iets oor Malema skryf.
LMGA … ek het self amper ‘n toetsie gedop!
I’ll be back!
Die storie kom van ‘n geval daar in die distrik Mooinooi waar ‘n pa sy kinders gruwelik mishandel het. die fokker is vir lank weggesluit, maar die skade aan sy kinders in onherroepelik. Moet mens sulke goed dan verswyg?Malema skryf sy eie stories, komedie op komedie, maar hy is ‘n gevaarlike bliksem!
Miskien moet ek bak in die glorie wat die “verbanning” van die storie meebring, soos die Sestigers van ouds!
Dan bevind ek my in goeie geselskap DsP!