Vroukie verjaar

Vroukie verjaar vandag. Ons het mekaar ontmoet toe ons nog jonk was, onverskrokke in die aangesig van die lewe. Nou is ons ouer en wyser en versigtiger. Die lang pad van daar tot hier het ons hand aan hand geloop, hart aan hart verbonde. jy weet dit, maar ek blaker dit nou hier op die kuberruim uit–my maat, my lewensmaat, my hartsmaat. Mag jy vorentoe net voorspoed en vreugde ervaar, mag ons saam wees as ons eendag die steiltes van die afdraandes aandurf, steeds hand aand, hart aan hart, en mag die lied in ons hart nog steeds rock-befok wees!

Lekker verjaar!

28 thoughts on “Vroukie verjaar”

  1. Jittetjie, baie geluk Lewies. Ek hoop vroukie lees hier want dis die mooiste liefdes verklaring ooit!

  2. Ai, ek skryf gou skelm – sjuut, dis nou Vrouki wat hier skryf. Lewies, ek tjank sommer oor die mooi woorde ….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s