Donkermaan

 

Donkermaan

 

“Sy was maar twintig. Hy het haar hier, onder die stinkhoutboom, verwurg. Die dag voor haar troue. Jaloers omdat hy haar nie kon kry nie”.

 

Donkermaan. Die hond tjank-blaf bang.  Glimmend sweef die lykswa nader, versier met troulinte en balonne, niemand agter die stuur. ‘n Jong vrou in bruidsgewaad doem wasig onder die stinkhoutboom op. Die lykswa se deur gaan oop, ‘n skraal, bleek hand ontbied haar.

Sy kyk om, kyk my pleitend aan, ‘n oneindige hartseer in haar oë. Die hand wink ongeduldig. Sy klim in. Die lykswa glip weg. Die hond tjank, hare gerys, druipstert.

 

My laaste poging vir die Blitsfiksie – kompetisie. My petrol is nou op.

 

16 thoughts on “Donkermaan”

  1. Hi Annemari, ek het ses ingestuur, een is verbode verklaar, ek gaan nog enetjie instuur, so in ‘n ander trant.Meer vir die genot as verwagting op literêre roem!

  2. Daar is 98 woorde in lewiesmymerWat bedoel jy die laaste een – het jy ‘n ander een gedoen wat ek nie gesien het nie?

Leave a reply to pasella Cancel reply