Comrade
Sy voetval ritmies op die teerpad. “Ek is gereed, Comrades se moer!” Triomfantelik.
Op die straathoek ‘n koerantplakkaat:” Hond verskeur drawwer”
Onvermoeid draf hy, kilometer na kilometer.
Hy voel die hond se warm asem teen sy bene voordat hy hom sien. Hy skrik, hardloop vinniger, maar die hond bly op sy hakke, ‘n spiergebondelde Staffordshire.
Oopbek, flitsende tande, die rooi tong wapperend. Hy struikel, val, die hond bo-op hom. Die hond lek hom deur sy gesig, die tong kwylend, so groot soos ‘n polonie – skyf. “Lekker geskrik, nê?”, sê die Staffie-smaail.
Ja ok, die een is lame, soos Thomas sou sê, maar dis om te probeer vergoed vir al die grillerige goete wat ek opgedis het!
Ag dis oulik 🙂
Klink soos iets wat my Boer Bull sal doen met inbrekers. hehe
Hi Therina, ek moes nogal stry om die drang na bloed en derms te oorwin!
Hallo Maryke! Lekker dag vir jou hier in Knersdorp!
Ek kners behoorlik 🙂
Ek is self hieraan skuldig met een van my stories!
Hallo Tronkie!
Vreet hulle op vir brekfis!
Hallo Sonellie! hoop jou dag is ook A ok! Bietjie eensaam hier by my, vrouloos. sal later in my eensaamheid daarvan vertel.
Dankie, dit was ‘n lekker verrassing. Ek dog die hond slaan sy tande in hom in!
Hallo Joanna, nee wat ek is in ‘n nie -bloedvergietende fase!