Weer uil alleen op ‘n kluit

Stoksielallen op ‘n Saddardagaand.

Ja, hier sit ek weer als Piet Snot, Vroukie opgekommandeer vir hogere diens in Pertoorsdorp, die hoofsetel  van die organisasie vir wie sy werk. So oor ‘n naweek, kan jy nou meer. G’n respekte vir God en sy gebod nie.

So wonder ek by myselwers.

” Wat eet ek vanaand?”

“Knorrox en pap, maak sommer genoeg vir more ook”

“En vir Maandag se skoftin, eet dit saam met atjar”

“Ek het nou al genoeg rugby gekyk, en American Beauty, my gat is nou deurgesit”

“Nog ‘n glasie plonk?”

“Nee, plonk maak my dronk”

” ‘n Nightcap? Whisky?”

“‘n Dubbel?”

” Dan sien die bottel sy gat gou-gou”

“Die bottel is reeds boomskraap”

“Fok”

“Jy is kak geselskap vanaand”

“jy ook”

“Fok jou”

“Ja, fok jou ook”

Nou gaan ek / ons slaap.

Blitsfiksie kompetisie round number six!

Comrade

Sy voetval ritmies op die teerpad. “Ek is gereed, Comrades se moer!” Triomfantelik.

Op die straathoek ‘n koerantplakkaat:” Hond verskeur drawwer”

Onvermoeid draf hy, kilometer na kilometer.

Hy voel die hond se warm asem teen sy bene voordat hy hom sien. Hy skrik, hardloop vinniger, maar die hond bly op sy hakke, ‘n spiergebondelde Staffordshire.
Oopbek, flitsende tande, die rooi tong wapperend. Hy struikel, val, die hond bo-op hom. Die hond lek hom deur sy gesig, die tong kwylend, so groot soos ‘n polonie – skyf. “Lekker geskrik, nê?”, sê die Staffie-smaail.

Ja ok, die een is lame, soos Thomas sou sê, maar dis om te probeer vergoed vir al die grillerige goete wat ek opgedis het!

Donkermaan

 

Donkermaan

 

“Sy was maar twintig. Hy het haar hier, onder die stinkhoutboom, verwurg. Die dag voor haar troue. Jaloers omdat hy haar nie kon kry nie”.

 

Donkermaan. Die hond tjank-blaf bang.  Glimmend sweef die lykswa nader, versier met troulinte en balonne, niemand agter die stuur. ‘n Jong vrou in bruidsgewaad doem wasig onder die stinkhoutboom op. Die lykswa se deur gaan oop, ‘n skraal, bleek hand ontbied haar.

Sy kyk om, kyk my pleitend aan, ‘n oneindige hartseer in haar oë. Die hand wink ongeduldig. Sy klim in. Die lykswa glip weg. Die hond tjank, hare gerys, druipstert.

 

My laaste poging vir die Blitsfiksie – kompetisie. My petrol is nou op.

 

Vroukie verjaar

Vroukie verjaar vandag. Ons het mekaar ontmoet toe ons nog jonk was, onverskrokke in die aangesig van die lewe. Nou is ons ouer en wyser en versigtiger. Die lang pad van daar tot hier het ons hand aan hand geloop, hart aan hart verbonde. jy weet dit, maar ek blaker dit nou hier op die kuberruim uit–my maat, my lewensmaat, my hartsmaat. Mag jy vorentoe net voorspoed en vreugde ervaar, mag ons saam wees as ons eendag die steiltes van die afdraandes aandurf, steeds hand aand, hart aan hart, en mag die lied in ons hart nog steeds rock-befok wees!

Lekker verjaar!

Blitsfiksie-kompetisie take 5

Uit die bloute

 

“Kry dit nou in jou fokken kop! Ek is klaar met jou! Jy was net goed vir seks, ek voel niks vir jou nie!! Niks!!”

 

Die telefoon suis in haar oor. Sy woorde tref haar hard en genadeloos, die reën en donderblitse daarbuite temper niks

 

“Los my nou uit! Ek wil fokol van jou weet nie!”

 

“Ek wens jy vrek’, fluister sy. “Vrek, vrek, vrek” gil sy dan bo die stormlawaai uit

 

Sy sien die eers die yswit blits, hoor dan die donderknal. Sy hoor hom gil aan die ander kant, dan is dit stil. Net die foon suis.

Blitsfiksie-kompetisie take 5

Uit die bloute

 

“Kry dit nou in jou fokken kop! Ek is klaar met jou! Jy was net goed vir seks, ek voel niks vir jou nie!! Niks!!”

 

Die telefoon suis in haar oor. Sy woorde tref haar hard en genadeloos, die reën en donderblitse daarbuite temper niks

 

“Los my nou uit! Ek wil fokol van jou weet nie!”

 

“Ek wens jy vrek’, fluister sy. “Vrek, vrek, vrek” gil sy dan bo die stormlawaai uit

 

Sy sien die eers die yswit blits, hoor dan die donderknal. Sy hoor hom gil aan die ander kant, dan is dit stil. Net die foon suis.

geweeg en te swaar bevind

Sê Litnet Blitskompetisie-redaksie vir my oor die Mooi nooi-storie:

Hi Lewies

Agv streng wetgewing, kan ons geen tekste met erotiese ondertone en kinders plaas nie. Dus: die tema van kindermolestering is die probleem. 

Jammer vir die ongerief!

Groete

Imke

Nou is my batterie pap/ nat gepie, my skrywersinspirasie poer in sy moer, my drome van letterkundige pryse aan skerwe,

my ego in die swynehok.

“Sal Lewies ooit van hierdie striemende sweepslag herstel? Sal hy ooit weer sy pen in ink doop, sy vuige hande verder besmet met maagdelike Quink?

Vir antwoorde op hierdie en ander tergende kwessies, bv ‘Steek daar waarheid in die gerugte dat AVBOB tweedehandse pruike en Tuppertiete (Kopiereg Murphy) verkoop ?’, skakel weer in op hierdie blog.”

Blitsfiksie kompetisie nommer 4

Mooi nooi

“Fokof! Dis genoeg.” Hy stamp die kind weg, maak sy gulp toe. Sy struikel en val. Hy skop na haar, tref. Sy snork , spring op, hardloop weg, tjankend soos ‘n wilde dier.

 

“Voertsek! Fokken mal ding! Verbeel jou jy praat met diere!”

 

Hy skrik laatnag wakker. Deur die dranknewel voel hy die vuurpyn in sy hand. Hy wil sy hand terugtrek, maar dit hang willoos langs die bed.

 

Voor hom staan die mamba, bakkop. Agter die slang,die kind. Sy kyk na hom met dooie, dom oë.

 

“Sssssss” sê sy, “sssss!”

 

 

 

 

 

 

 

My vierde inskrywing vir die blitsfiksie kompetisie.

Die keer darem nie ‘n grillerige geëetery nie!

 

Kuikenmoord

“Daar’s weer kuikens dood, kop afgebyt”

“Vreemd, hulle is nie opgevreet nie”

“Ek verstaan dit nie. Ek ken nie ‘n dier wat dit doen nie”

“Kiepie dood, kiepie dood” Die kind kom nader, ‘n kop-af kuiken in haar hande.

“Here Willem! Kyk “ Die vrou skreeu histeries.

Om die kind se mond sit geel kuikenveertjies, ‘n bloeddruppel biggel op haar lip.

Traaislag nommer drie vir die Blitsfiksie kompetisie

Braaikuiken, enigiemand?