Apologie

Askies Lettertrash!! Lyk my die Kaap is nou weer Hollangs!

Advertisements

Gate crash

Wat is nou aan die gang met Letertrash? Eers dink ek sommige van my mede-bloggers het hiper-egos om hul inkrywings dubbeld te plaas, maar daar kom dit my toe ook oor en probeer soos ek wil ek kry nie die ongenooide dubbelganger verjaag nie. Voel omtrent soos toe ek my eerste bi focals gekry het, sien alles dubbeld (of jy sien baie van fokol!)

Mag julle ‘n aangename dag beleef, sonder enige peste wat  wandel oor jul pad!

Blitsfiksie kompetisie 2

Handjies klap

“Jy moet die mong-khi-pho sop probeer. Hierdie is een van die min restaurante in Viëtnam waar jy dit sal kry. Dit word gekook van die handpalms van baba bamboesapies in die verafgeleë bamboeswoude naby Ankor Wat. Die inwoners is ellendig armoedig en jag die apies vir oorlewing”

Die sop is onbeskryflik lekker.

Dan voel ek iets hards in my mond. Suur kots stoot in my op as ek daarna kyk.

Dis ‘n vingernael, klein en fyn, soos die van my babadogtertjie by die huis.

Nog ‘n poging vir die Blitsfiksie kompetisie.

So, sop is ook uit vir ‘n rukkie!