Nee, dis nie ‘n kentering in my geloofslewe hier oor die Pase nie. Dis die gevoel van verslaentheid wat oor my kom as ek die flentergat swembad so bekyk en onteenseglik besef: Hierdie vanjaar moet hy herstel word, geskatte koste R20 000, 00. Dis skuld, moerse groot skuld.
Vae victis.
(Woe to the conquered, of in mooi Afrikaans, skop die bliksem terwyl hy lê)
Ai jai-jai, dit is baie geld. Sterkte!
Eet ‘n klomp baked beans, dan maak jy van die ding ‘n jacuzzi.
Ons swembad is selfgebou, maar so elke derde jaar moet ons hom (dis ‘n hy, let wel) afskraap en oorverf…niks aan hom bly kleef vir lank nie!Sterkte, ‘n must do..
Nou maar wat makeer die ding – kan jy nie maar ‘n bietjie lap en nog ‘n jaar wag nie?
snik van die lag …
Na amper 10-jaar het ek gewen … ‘n Kreepy “Hug Bug” … fok, ek het nog nie terug gekyk nie!
Hi Poppiekreer! Dankie vir die simpatie!
Ek het al lateraal probeer dink aan ‘n oplossing Flenters, maar nog nie by die een uitgekom nie!
Mmm, so ‘n kruitbad wat na warm swael ruik! Kan werk!
Mens moet maar jou hand aan die goed hou, Lou.
Ek het al gedink om dit in ‘n ondergrondse bar te omskep, maar sê nou ek hou op drink?
My man dreig weekliks om ons watergat toe te gooi.
Hy’s opgelap Henry, met ‘n bars wat al hoe groter word. TLC help nie meer nie.
Die probleem hier is dat die swembad ‘n bars het en die marbelite begin gate inval. Is maar die jare se verweer.
In ons jong jare was dit baie lekker om ‘n swembad te hê, die kinders het dit geniet en het nie rondgeloop agter maats aan nie. Nou is die kiddies uit die huis uit en swem is nie meer ‘n issue vir ons nie (selfs nie eens ‘n skelm skinny dip nie!)
Ek vervloek die dag toe ons besluit het om ‘n swembad te bou…. 😦
Ek stem Thomas, bleddie duur luukse om te onderhou.