Die Sondagmiddag van ‘n lekker lang naweek

Ek en Vroukie sit in die tanende koelte van die stinkhoutboom, soos die herfsblare val krimp die koelte. Die sonnetjie is geniepsig. die middag loom en lui. Sy het ‘n glasie rooiwyn, die whisky flonker ou-goud in my glas. Pamela lê uitgestrek hier by ons, haar hondehuid drink die herfshitte in. Vrede heers, mal Malema, Eskom, potholes en anderlike peste tydelik vergete.

 

“Jissie Lewies, die goggas vreet my op, die miere byt my en die muggies steek my. Kom ons gaan in.”

 

“Ok Vroukie, ek is ‘n jaloerse genoot in die eg. Ek laaik ok nie as my vrou gesteek word en ek is nie betrokke nie.”

 

“Lewies!!”

28 thoughts on “Die Sondagmiddag van ‘n lekker lang naweek”

  1. Dis die voordeel van ‘n langnaweek Lou!Ai, maar nou lΓͺ die naweek op sterwe, op sy laaste bene..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s