Vir almal met klein kindertjies en kleinkindertjies, en veral vir klein kindertjies en heel veral vir kleinkindertjies. Hoop julle geniet die rympie.
Kos is op die tafel
Die tafel is gedek, ons is reg om te eet
Is alles hier, is niks vergeet?
Hier is die mieliepap in die kastrol
Daar staan die melkbeker, lekker vol
Die snye brood op mekaar gestapel
Botter en konfyt op die tafel
Kaas in ‘n bakkie, goue heuning in ‘n fles
Lepels vir die pap, vir brood en botter ‘n mes
Vir taai heuningbekkies ‘n servet
Kom, ogies toe vir ‘n dankie sê gebed!
Oupa!
Dis dierbaar!
Hallo Murphy!
Jong man!!
Ai Therina, wou dat jy reg was! Nee jong, dis dalk die oorsprong van die rympie, Oupa se gedurige gedinkery aan die kleinkinnertjies! o ja, die groteres ook! World cup volente sien ons hulle Junie of Julie.
Dankie Ouma Maankind!
Naandsê Flenters!
Gaan jy die rympie vir klein Ezra leer, Lou? (As ek nou so voorbarig mag wees!)
Dankie dat dit ook vir stout kinnertjies is! 🙂
Hi Kelkie! Ek moet dit mos aan my kleinkinnertjies ook opdra!
Nouja toe!:-)
En toe ek my ogies oopmaak na die “amen” was die tafel nogsteeds leeg en sonder kos.Baie mooi rympie
Waar is die bacon en eiers dan…
Hallo Thomas!
Nee Kerneels man, hierdie is ‘n feel good rympie!
Hierdie is ‘n groen rympie, Zeppie!
Baie Oulik Lewies!
Dankie Tweeling!
Klop Klop
Nice … nou is ek honger …
Lewies is alive and well and living in Blogland!
Is ‘n brekfisrympie, Ludwig!
Ek pink ‘n traan…………..
Raai ek reg, die Pukkie is op pad?
Hallo Woordenaar, ek het altyd Puriteins geskop teen laaik en daai en diesulkes, maar dit maak die taal darem meer soepel!
hoe lat jy my bek kwyl….
Wjelkom Sonellie! Wjelkom!!
hallo Pruim! Kom sit aan!