Vroukie is op pad terug, so pas ge – sms sy en haar kollegas is in die dorp, eers kantoor toe om af te pak want die huur-kombi moet terug.
As verrassing het ek vanaand ‘n kerrierige hoender op die stoof, so ‘n bredierige affêre, lyk dit my, die keer volgens ‘n resep, gekry agter op ‘n Knorrox-boksie. Hier kan nie fout gaan nie, ek het die resep noukeurig nagevolg. Die boksie het wel bietjie nat geword in die hoenderstok maar die resep is nog leesbaar.
Ek het ook ‘n bottel lekker rooiwyn gekry by Checkers, Tall Horse Shiraz, ‘n beskeie wyntjie, sonder enig grootdoenerigheid, maar wat kop en skouers (Tall Horse nê) bokant sy prysgenote uitstaan, die plonkdrinker se Cabernet Sauvignon. Shirax is my gunsteling, daardie kruidagtige geur van varsgekneusde gras wat die gedagtes meevoer na ‘n mistige landskap tussen die…
O fok, wat brand so?!
hihihihihi!Hahahahaha!Oe, jy’s vaaaking snaaks!
Jy het my nou lekker laat lag. Geniet die ete en wyntjie.
:-))
…dan is dit maar Taal Horse en Liefde vir julle twee vanaand…
Solank die kerrie net nie die tonge te veel gebrand het nie π
π !!
More Thomas!
Ja toe voer die wyn jou te ver weg na mistige landskappe toe…en was daar lekker gesmul gewees.
Tannie LOU!!!!!!!!!!!Daai TAAL!!!!!heheheLekker lag ek nou.
Dit klink soos ‘n paar Sondae gelede in my ouers se huis. Ek stap by die voordeur in, kry so snaakse reukie.Stap gang af, waar ek Ma agter die rekenaar aantref. HOOGS de m… in. Ek draai toe maar om en stap uit, sonder om vrae te vra. Ek het al geleer, as Ma eers so lyk, bly jy uit haar pad. Sy het al eenkeer met daai look op haar gesig, ‘n kombuis en eetkamer in ‘n “Open plan” verander deur die muur, vrou alleen, af te breek(Dood ernstig!!!!)Op pad uit, kry ek Pa by die buite wasbak besig om ‘n pot te skuur. “Wat stink so daar binne?””Kerrieboontjies! Mens sit nie kerrieboontjies op die stoof en raak aan die slaap op die bank nie. Veral nie as jy met jou Ma getroud is nie!”
Dis net as ek nie my medikasie gereeld neem nie Lou!
Haai Gharki, het goed afgegaan!
Silwerskoon, danksy swembad chloor! Net jammer van die gate.
Dan slip sy my net ‘n ekstra Valium in die plonk!
Hallo Berwick!
Is ok maar reg so Lisa!
hallo Zeppie, deur Bacchus bebliksem in die gees!
Ek hoor hulle praat van ‘n “ring sting” as die kerrie bietjie byt gehad het!
Nou sien jy nou, Kerneels, shit happens!
Nee wat, eind goed alles goed! was nie eens nodig om die brandweer uit te roep nie.
He,he Lewies lag ek nou!Jiss jy is oulik om vir vroutjie so te bederf. En moenie wyn praat nie seblief ek word reeds deur die familie verwys na ‘die wyn vlieg’.Ek lief natuurlik enige Rose en enige wyntjie van four cousins en en en wag lat ek ophou.
Hi Tweeling, ‘n lekker wyntjie is nooit te versmaai nie, probleem is, hoe meer ek drink, hoe lekkerder word die wyn!
Ek leuwe!! Soos Annelie van Rooyen sing.
Wat het gebrand? Moes groot brand wees dat jy nou nog so stil is? Blus jy nog die vure? Hopelik is die Kabernet dan nog in die bottel. Die ander ook.
Geluk met jou prys met die blits fiksie kompetisie. Ek hoop nie jy’t daai bredie verkool nie π
Ek het darem oorleef, net die ego is erg geskroei!
Dankie Maryke! Dit was rerig pret om deel te neem.Die resep van daai bredie is welbekend, maar die metode is ‘n eksklusiewe Lewies-innovasie!
Ek het ook eenmaal ‘n resepteboek in die oond gedruk – jy moet kyk of dit nie dit is wat brand nie.
Jy meen jou resep was behoorlik klaar en gaar!