Dit lyk so lekker want dit is so lekker!!

En toe speel ek ook saam, want dit lyk so lekker.

 

 

 

THREE THINGS ABOUT ME:

1 Ek  is nie ‘n tropdier nie. Ek kan oorleef as ek alleen is.

2 Ek is ‘n totale regterbrein mens, erg verstrooid.

3 Ek is ‘n rebel without a cause, in opstand teen alles. Al amper gemoer oor my ikonoklastiese uitlatings, bv, nee wag laat ek nie goeie kuberverhoudings befoeter nie!

 

A THREE NAMES I GO BY:

1 Louis

2 oupa Louis Loeikie

3 Lawiees!!

 

B THREE PLACES I’VE BEEN:

1 Ventersdorp

2  Karatara

3  Lykso

 

C THREE THINGS I LOVE TO WATCH:

1 ‘n Lekker moewie met breins

2 ‘n Cheetah Curriecup-finaal oorwinning oor die Blou Bulle

3 Vroukie as sy lekker lag

 

D THREE PLACES I HAVE LIVED:

1 Kroonstad, kleintyd. Wat ‘n wonderlike tyd , wat ‘n wonderlike plek!

2 Bethlehem, sjampanje-dorp.

3 Klerksdorp-my laaste rusplek?

 

 

E THREE PEOPLE WHO EMAIL ME REGULARLY:

1 Sandra

2 Christo

3 Beryl, met spesiale aanbiedinge vir die vergroting van DAAI orgaan. Maar sy het nie gekla toe… o, dit was Cheryl. Mmm, maar wie was Meryl dan?

 

F THREE THINGS I LOVE TO EAT:

1 Steers Burger

2 Cadbury tjoklits

3 Garage paai  (en Rennies!)

 

G THREE PEOPLE I THINK WILL RESPOND:

1 ..Iemand êrens?

2..

3 ..

 

H THREE THINGS I’M LOOKING FORWARD TO:

1  Julie se kuier by die kleinste kiddies.

2 Lang naweke

3 As ek tuis kom na ‘n paar dae weg van die huis.

 

Ecce homo!! Siedaar,  Lewies van A-H!

 

Advertisements

34 thoughts on “Dit lyk so lekker want dit is so lekker!!”

  1. Cheryl, Meryl – hahahaHulle is nie belangrik as jy nie hulle name kan onthou nie.Ek hou nie van jou eetlys nie!

  2. Ek het daar op my bloggie vir jou geluk gewens … Ek moet bieg … ek het amper vergeet … Veels geluk met die storie … Dit wys jou wat gedoen kan word deur die manne … oeps en vroue en andere wat hier kommunikeer …

  3. Lewies jou yster. Jou regterbrein laat my dink aan die teenoorgestelde: die tannie met die lekblaas wat die krom mik raaksien en die stunning beauty van die woud miskyk. As jy lus is vir Rennies, eet ‘n pie.Oor 29 jaar kan die Cheetahs dalk weer in die Curry Cup final wees.

  4. Hi Therina, Lykso is ‘n peipklein plekkie, amper iets soos ‘n handelspos, daar êrens anderkant Vryburg op pad na die Kalahari. Ek was daar toe ons een keer Augrabies toe is. Ek onthou die plekkie omdat ons daar ‘n heel verspotte ervaring gehad het, van daai soort waar jy nie kan ophou lag nie en as jy later weer daaraan dink, kan jy om die dood nie verstaan wat dan so snaaks was nie!

  5. ‘n Lekblaas kan ‘n bliksem wees!Ai Ouboet, sal daai vreugde my nie net weer een keer in hierdie lewe gegun word nie!

  6. Lewies, ons is “soul-mates”! Daai Cheetah ding – so na my hart! Ek is ook ‘n semi-kluisenaar,tjoklits en garage-paais!! Kyk “Shore Shank Redemption” vir ‘n AMAZING movie.xx

  7. Lewies, gaan kyk op my spook/engel storie . Iemand verwar my met jou. Shit man, netnou kom jy iets oor, die goed klink vir my half onheilspellend.

  8. Jy ken die feeling Annemari! My oomblik het aangebreek! My naam in ligte! neon ligte! Eskom volente!Geniet die vakansie Annemari, dankie vir die gelukwense.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s