‘n Onverwagse gelukkie het vir my en Vroukie voorgeval, ‘n weeklange kuiertjie by die see, Ballito se see, saam met onse swaerkie en skoonste suster. Die kuiertjie is al lank beprut, maar ‘n paar onverwagse kinkels het gedreig om dit te ontspoor. Nou is ons alweer tuis, die vakansie net ‘n aangename herinnering.
So lyk dit daar.
Volmaan
Skuins voor die son sak
Op pad deur die Vrystaat, Golden Gate Nasionale Park
By ons tuiskoms vind ons dat ‘n geniepsige haelbui ‘n uur of wat vantevore uitgesak het, hierdie impatiens het welig en hoog gestaan, vol in die laaste blom voor die winter. Nou hoef ons darem nie te wonder of hulle moet uit en of hulle nog ‘n paar dae sal kan oorleef voor die ryp kom nie.
Geniet dit Lewies.
Nice foties vannie vakansie – mens raak partykeer de moer in virrie hael – nie dat dit help nie, maar tog.
Ek het behoorlik, Ouboet, sien nou kans vir die lewe!
net so Maankind, die reuk van mens se eie huis!
Jis Kelly, net jammer hulle is so skaars!
You can’t fart against thunder!
Lieflike foto’s!Jip, daai impatients lyk maar bedremmeld. Ek het ons s’n een keer stomp afgesnoei en dit het die lente weer welig gegroei. Dit het egter net een keer gewerk.
Stof tot stof, Kelkie!
Ag lekker {-;
Dis net wat mens nodig het – so ‘n wegkomkansie, al voel dit nou iets van die verlede en alles is more weer back to square one!
Hallo Klarisabet!
Flenters hier, Flenters!
Is so Lou, maar nou is daar darem hoë oktaan in die tenk, so vir ‘n rukkie, altans!
Bly oor die vakansiki. en bly dat julle dit geniet het.My blomme is ook so leepkop gepiets, my hart is so seer daaroor.Ek hou van daardie tweede foto. Stunning!
Hi Maryke, onse dorp loop vanjaar sleg deur onder die hael!
Die aardse skoonheid is van korte duur Therina!
Hel ons bly in ‘n pragtige land!
Pragtig
Die foto’s is pragtig Lewies en nou verdiep jy skielik my verlange na die see!
Dis waar – maar dit keer mens nie om te wil nie!:-)
Pure plesier Ghaap!
Noord, Suid, Oos, Wes, elkeen het sy bekoring Thomas!
verlede Maandag die tyd toe le ek daar soos ‘n ryk jood!
Ha,ha lekker vryf jy dit nou in!
Lewies, dis great fotos
Mooier as Blouberg Pruim!(hehehe!)