Wys my jou wysvinger…

Datum: Saterdag 8 Mei 2010

Tyd:    12:46,3

Plek:    Quick Care Kliniek, Anncron Hospitaal, Klerksdorp

Dramtis Personae, in volgorde van verskyning) Lewies, Opper Nurse Owerste, Vroukie, Junior Nurse, Dokter Jane se Moer.

Nurse Owerste (saaklik)   Middag Meneer Lewies. Wat skyn die probleem te wees?

Lewies (met geklemde kaak)  Middag Nurse Owerste. Kyk my vinger.

Nurse Owerste: (val Lewies in die rede) Meneer Lewies!

Lewies:  Nee, nee, Nurse Owerste, my r wysvinger. Kyk, hy is seer, fokken seer.

Nurse Owerste (haastig) Meneer Lewies!

Lewies (apologeties) : Sorry Nurse Owerste, maar hy is fokken seer, anders sou ek nie op Saterdag 8 Mei 2010 om 12: 46, 3 hier by Quick Care kom hulp soek het nie.

Nurse Owerste: Wie is u dokter, Meneer Lewies?

Lewies: Dr Maarskalk.

Nurse Owerste: Hy is naweek af. Dr Jane se Moer staan in vir hom

Lewies: Dis ok, ek gee nie om nie, my vinger is nou so fokken seer…

Nurse Owerste (ontsteld en terregwysend) Meneer Lewies!! U taal! Florrie Nagtegaal sou dit nie geduld het nie!

Lewies (weer eens apologeties) Askies Nurse Owerste. Ek bedoel enige dokter is nou welkom om te help.

Nurse Owerste: Nou goed. Ek sal haar bel sodra u u hierdie vorms ingevul het en u rekening vereffen het.

(Exit Nurse Owerste. Sy kom terug met ‘n stapel vorms met digte tipopgrafie (Fine print) en wat baie amptelik lyk.)

Lewies: Fok Nurse Owerste! My vinger is blerrie seer! Ek kan nie skryf nie!!

(In ‘n deus ex machina oomblik tree Vroukie uit die agtergrond na vore.)

Vroukie: Toemaar, ek sal die vorms invul, dan kan jy net teken

(Die spanning is voorlopig ontlont)

Nurse Owerste;  Meneer Lewies, voordat ek Dr Jane se Moer bel, moet u eers die verskuldigde bedrag van R450, 00 vir Dr Se Moer betaal, plus R50 vir Quick Care se administrasie. In harde kontant.

Lewies (geskok tot in sy fondasie) Fok Nurse, wie loop nou met R450, 00 in sy gatsak rond? Wat van ‘n kredietkaart?

Nurse Owerste: Dis nie ons beleid nie, Meneer Lewies. Wat se soort motor ry u?

Lewies (Aanvanklik verbaas, maar dan gemelik) So ‘n faktap Corolla.

Nurse Owerste (Begrypend) O, dan het u seker nie meer karskuld nie. In daardie geval sal ons u kredietkaart aanvaar.

(Junior Nurse trek die gordyne toe)

14: 46, 3

Dr Jane se Moer:  Middag, middag julle!

Nurste by diensstasie, sing op musiek van Kaptein Span die Seile: Goeie middag Dokter se Moer, en hoe gaan dit met Dokter vandag?

Dr se Moer (valsetto sic) Dit gaan goed met my, hoeveel Rande het julle vir my gekry?

Na hierdie intermezzo wend Dr se Moer haar na Lewies.

Dr se Moer: (stroperig)  : Meneer Lewies, wys my u kwitansie

Lewies: Fok Dok, tjek my vinger!!

Dr se Moer: Eers die kwitansie, Meneer Lewies!

Lewies: (weer eens apologeties) Sorry Dok, hier’s hy.

Dr se Moer (betrag die kwitansie en dan Lewies se r wysvinger noukeurig) Dis ‘n bytplek.

Lewies: Wat het my gebyt, in u mediese opinie, Dr se Moer?

Dr se Moer: Iets

Lewies: O

Dr se Moer; Goed, ek sal u ‘n voorskrif gee, anti-biotika en iets vir die pyn. Ook ‘n Voltaren inspuiting om die swelling en infeksie tee te werk. Junior Nurse, dien asb vir Meneer Lewies ‘n Voltaren inspuiting toe.

Junior Nurse trippel opgewonde nader met ‘n spuitnaald wat sy triomfantelik soos ‘n vaandel voor haar uit hou.

Junior Nurse: Meneer Lewies, maak die los die broekie en le op u sytjie op die bedjie

Lewies maak so.

Lewies: Eina fok! Dis bleddie seer!

Junior Nurse: Kan nie wees nie! Ek het net nou ‘n ook ‘n oom gespuit en hy het gese hy het niks gevoel nie!

Lewies: Is jy seker jy het dieselfde naald gebruik?

Junior Nurse: Meneer Lewies! Ek gebruik elke keer ‘n nuwe naald, steriel! daai oom het niks gevoel nie!

Lewies: Ja, ek het hom gesien toe ek hier aankom. Hy het so kruppel-kruppel oor die straat gehobbel.

Dis hoe my Saterdag verloop het.

En so het my vinger gelyk.

So lyk hy nou

So lyk hy na mediese behandeling

Nou gaan ek my eie medisyne gebruik. Give that finger a Bhjells!!

( En daai klein fokkertjie wat my gebyt het, mag jy en jou nageslag gebroedsel in die Rooi Boek van erg bedreigde spesies opeindig!!)

47 thoughts on “Wys my jou wysvinger…”

  1. Eish Maankind, was daar, done that! Hierie is ‘n seriaas bytplek, daai klein fokkertjie was vol gif. Dink ek nou, as hy 20mm verder gebyt het was dit mis. Net my luck!!

  2. Hi Maankind, ek weet jy was erens in jou lewe ‘n nurse (hehehe, nou nie my Nurse Owerste nie) dus heg ek waarde aan jou mening,wat is daai mediayne wat ek moet kry? Die kondisie is blerrie lastig, die wond word al hoe erger, ek is skrikkerig vir weefselafsterwing.

  3. Jou ervaring stem ooreen met myne toe ek een nag een uur by noodgevalle aangebring is deur my geliefde. Eers gels en daai dinge voor jy gehelp kan word. En terwyl ek in erge pyn op die bed lê, dring die jong verpleegstertjie daarop aan dat ek moet opstaan sodat ek geweeg en gemeet kan word. Ek het geweier, maar geliefde merk toe op: Jy moet seker maar dit laat doen. Indien jy sou heengaan, weet hulle immers hoe lank jy is en hoeveel jy weeg. Se voet!

  4. Nee toggie, ai toggie..Dit lyk seer en dit groei!Jy sal beslis nog ‘n opinie moet kry.

  5. Shit – dit lyk spinnekopperig – Hou dit fyn dop – daai goed se gif is kak – dit kan die weefsel laat dooi – gladnie goed nie!Weet nie wat die regte medisyne is nie.Sterkte anyway.

  6. Ai Lewies, ek is so jammer. Dat daar nie bloed was nie. Baie Bloed. Ek bedoel, dink hoe lekker sou jy al hulle vorms kon besmeer het as daar Baie Bloed was.Ek haat, ek haat, ek HAAT dokters wat links en regs antibiotika voorskryfr vir alles wat hulle kategoriseer onder die kategorie “Iets” !!!

  7. Dis wreed … die kontant storie Oom … ek het mos nie te lank terug die selle ervaring gehad.http://blogs.litnet.co.za/DallaSePa/eendag-op-n-reendag-27-Apr-2010Mens betaal vir 3 goeters1. Die dokter … Ongeveer R 500-002. Die Hospitaal se admin … Ongeveer R 100-003. Die ‘consumables’ … Ongeveer R 400-00Dit maak … (ongeveer) R1,000-00 vir 5 steke. Darem kon die ‘Platic CC’ aangebied word … ek wil my verstuit om te dink … dis absurd.Die manse wat nie kan nie … dis nou betaal … gaan dood … niemand word gehelp sonder betaling nie.Sterkte Oom …(ps – stadig met die ‘bladskud’ van die kampioen en so …)

  8. Jy het mooi hande….skies Lewies, maar ek soek na die silwer randjie van hierdie donker wolk.

  9. Net R450 vir n na-ure konsultasie, Lewies? Traai bietjie loodgieterprobleme tussen vrydag 16hoo en maandag 10hoo kry- daai manne trek nie eers hemde aan vir dubbel dit nie!

  10. Fanks Henry, ek byt vas. Om te kraam is seker erger, dus kan ek nie juis kla oor die pyn nie!

  11. Die middelste een is nog ongeskonde en regop, Verskriklik! (Nou nie dat dit veel help nie!)

  12. Hi Bigjoe, lekker om jou hier op my werf dag te sê! Jy meen ‘n mens se gesondheid is in die hedendaagse gekomersialseerdheid minder werd as ‘n pot kak!

  13. Hi Annemari, jy sien mos al die tikfoute–my middelvinger is nie letterkundig georienteerd nie, ek gebruik hom meestal vir vingertaal!

  14. Dankie Kelly, jy sal nie glo hoe bleddie seer die vinger is nie, ek moet maar onder die prop bly vir die seer. (medisyne prop ne!)

  15. Ek het vroeer op jou komentaar gereageer, ek neem aan dis ge -Lettertrash. Ek het gese ek kon die engel harpies se hemelklanke hoor!

  16. Wel, IETS het oom se vinger gebyt. Wat my laat wonder. My ma het altyd gesê ons moenie in ons neuse grou nie, want daar is goggos daarbinne.Okay, okay *Twerwyl ek weghardloop*Ek VRA maar net!!!!!

  17. Hi Lo-Ammi, dankie vir die wenk, gaan hom nou probeer. Jy meen ek moet die drie Bhjellse saam neem!

  18. Hehehe, Kerneels! As ek geweet het daai goggo wat my gezap het skuil in daai holtes kon ek hom op sy moer speel. Ek vrees sy nageslag teel erens aan, en kan dalk regmaak vir ‘n verrassingsaanval!

  19. Dankie vir die woorde van gerusstelling en bemoediging Therina. Ek hou nou die wond dop met beklemming om te sien wanneer steek Haemonchus Contortis sy evil kop uit!

  20. Hierdie is so lekker geskryf ek het dit in my plakboek gesit… Hoop nie jy maaind nie …Nice dokter … hehehe …

  21. Hallo Tweeling! Ja nee, so ‘n skrywery is terapie, net jammer die verligting duur nie baie lank nie!

  22. Kom so pas terug van ons huisdokter, die een wat nie op diens was nie. Ek kan nie glo dat mens soveel drama kan beleef agv ‘n seer vinger nie.

  23. Oe alla, giftiger as Malema!Weet jy al watter soort spinnekop dit was? Ek wil die helsem ten alle koste vermy!

  24. Ek het nou eers hier kom oplees oor die vinger en ek is jammer om te sê maar ek het geskree soos ek lag! Puik geskryf. (Hoop die vinger is gou weer gesond!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s