Dis nou Vroukie wat hier skryf net om te sê dat Lewies vandag moes hospitaal toe agv die dekselse fknkop wat sy vinger gepiets het. Vanmiddag is hy teater toe vir dreinering van die gemors onder narkose en effe wegsny van aangetaste weefsel. Dan nog glo ‘n dag of wat daar bly vir toediening van antibiotika binne-aars.
Siestog, en kyk daardie arme vinger!! Gou gesond word hoor.
Ag toggie!Se maar vir Lewies groetnis en baie dankie dat jy ons op hoogte hou.Ons hou sommer baie van jou.
Oom L … Jy moes NOOIT daai blerrie skottelgoed gewas het nie! Kyk nou wat het dit jou in die sak gebring … dêmmit!ps – Baie Sterkte
vokn vinger.
nee, vokn spinnekop!
Hoop hy kan daremnog tik na die tyd … Daardie spinnebliksem moet vrek… Hoop Lewies se vinger herstel mooi vinnig … Stuur groete van Ludwig en Erika …
Ekke stuur ook groete. EK hoop daardie vinger is binnekort weer tikfiks.
‘n Spinnekop? Hulle byt altyd my ma, maar een het my nog nooit gebyt nie, en as dit het, is dit DOOD! Al die wyn in my bloedstroom……….Voorspoed