Gisteroggend haal die dokter die verband af. “mmm,” sê hy”die vinger lyk mooi!” Ek stem nie saam nie, maar ek berus. Dankie tog as hy so sê. Vir my lyk dit of die voorste lit aan ‘n flentertjie hang. Teen volgende week sal ‘n veloorplanting gedoen word om die kratertjie op te vul. Miskien kan ‘n tummy tuck in die proses geinkorporer word, dan wen ek beide kante toe. Nee,sê die dokter, daai vel kom sommer hier uit die bo-arm uit. Daar gaan my bicep. Ek kom agter ek kan nie juis aktief hier op die blogs wees nie, lees so hier en daar en probeer met die middelvinger tik. Hy is egter meer geskool in ‘n ander aktiwiteit, veral in taxi verkeer, en so rats soos ‘n oorgewig skrumskakel. Die seer vinger hou ook nie van die beweging nie. Ek sal dus hopelik later weer kan saamgesels–voorlopig sit ek soos ‘n muurblommetjie en waarneem wat op die blogs se dansvloer aangaan.
Dankie aan almal wat simpatie en meegevoel uitgespreek het. Vreemd hoe mens kan vertroosting kry uit die onderskraging van mense wat jy net in die gees leer ken het–maar dan, dis sekerlik die innerlike wat die ware mens weerspieël.
Gou-gou ‘n grappie, as julle hom ken, ignoreer. Ons weet nou al almal Mbeki se vrou se naam is Mstofie en die kinders is Mkateltjie en Mstoeltjie. Mstoeltjie het intussen groot geword, hy is nou MLazyboy.
Dis goed om te weet jy’s weer op eie bodem, Lewies. Hoop die herstelproses is baie vinnig.
Kyk, as jy nou bereid is om Joodjie te word, kan hulle ‘n stukkie vel daar vat. Maar dan sal jy jou gedagtes in toom moet hou, anders word jou vinger styf…
Ek hoor die Unie gebou se naam gaan verander na Furniture City want elke kantoor het ‘n Lazyboy in.
Watter vinger is dit? The (w)hole finger or the one next to it?
Net nie verkeerd spel as jy so tik met daai middelvinger nie
Hallo Lewies, ek’s bly dit gan beter. Hoop jy kan daai vinger gou weer gebruik. Nie noodwendig vir blog nie. Sommige bestuurders behoort meer gereeld vermaan te word. Daai vinger vervul dus ‘n belangrike opvoedingsrol. 🙂
Lewies, ek wonder al heelnaweek oor jou.Dankie tog jy’s ok.Weet jy al watse soort spinnekop van jou af gebrekvis, brunch, lunch of gesopper het?
Dankie Sansie!
Ek maak so Therina, ook oor Maankind se uitdaging. Ek dink daar is spinnekopgif in my kop!
Hi Annemari–die positiewe kant van die vingersage is dat ek nou tyd het om Aan die windkant te lees–laaik afknuffel!
Die gril is erger as die pyn Spokie.
dankie Ffion!
hehehe Andre, skunnig soos altyd!
Sterkte Ekke. Ek hoop jy nie hoef deur die hele drama as ek te gaan nie.
Nou sien jy!
hehehe Vuurklip! nee, dis die een langsaan.
Ja nee, dan was ek stomgeslaan!
Ek het so gemaak Maankind, ou Gawie is weg.
Tik is juis nie my forte nie.
Ek het die opvoedingsrol van die r wysvinger deeglik beleef in my dae op skool!
Nee jis Lou. Hy is onbekend. Die dr vermoed dis ‘n reenspinnekop. Ek dink dit was ‘n midnight snack. Klein pes.