Ek ken ‘n ou, ou grappie

Netnou bel Skoonpa om te hoor van Die Vinger. Nou, ek het al van Skoonpa vertel. Hy vier vanjaar, DV, 89.  Toe hy nou hoor van die veloorplanting wat ek more moet ondergaan, skop sy langtermyn geheue in, en hy vertel hierdie grappie om my te troos: (‘n Ou grappie, sê hy, wat so lank in sy geheue gebêre is dat dit nou eers na vore kom so met my spinnefokvinger)

 

Die ou moet ‘n veloorplanting op sy bo-lip kry. Maklik né, maar hy het ‘n snor wat hy nie wil prysgee nie. ‘n Chick wat by die dokter werk bied haar hulp aan . Hy kan maar ‘n velletjie kry van haar suidelike anatomie, daar is genoeg hare om die snor in stand te hou. (Skoonpa het dit meer grafies beskryf)

 

Alles loop toe goed af, met die een enkele probleem. As die ou nou aan daai deng denk, begin sy bo-lip bewe.

  

You rock Skoonpa! As ek kan oud word met jou positiewe kyk op die lewe, met jou sin vir humor, sien ek kans!!

 

 

(so terloops, hoe plaas mens ‘n link, so in blou wat sê hier, is daar iemand daar buite wat my kan help?

By voorbaat dank,

Hoogagtend die uwe in konstipasie

Lewies )

Advertisements

24 thoughts on “Ek ken ‘n ou, ou grappie”

  1. Dit weet ek ook nie, Lewies, maar ek gaan kom kyk wat die ander te se het.Great skoonpa wat jy het. My ou moeder word 88 en rock steeds op blue sued shoes.

  2. So bly om te sien die stelsel kry anner ook onner. daar’s goed wat ek net nie gedoen kry nie. daar is al ‘n slag deur Admin geopereer aan my profile – steeds nie suksesvol. hoop jou opereerder is stukke beter. Sterkte vir die skalpel.

  3. Só skep jy ‘n link:1) Highlight die ‘hier’ in jou teks.2) Gaan dan na die 4de icon van links op die task bar. Dis so ‘n kettingskakeltjie reg langs die boompie. As jy jou muis oor hom beweeg, staan daar ‘insert/edit link’. Kliek op hom en ‘n nuwe venstertjie sal oopmaak. 3) Minimise alles en gaan na dit wat jy wil link. Copy dan daardie hele webadres. 5) Gaan nou terug na jou link-venstertjie en Paste die webadres in die URL-boksie. 6) Kliek op insert en siedaar! Blou is jou ‘hier’.Sterkte vir môre!

  4. Ek het êrens gellees/gehoor die ouens wat voor 1950 gebore is sal IT gestrem wees. In my geval steek daar nogal waarheid in!

  5. Dankie Flenters. Nil per os vanaf 22:00 gisteraand. Nou verbeel ek my ek is ondraaglik honger, en ek mis die koffie kick start!

  6. Ek doen die blog ook soms in Word, veral as ek nou iets gewigtigs (!) wil kwyt raak. Gee mens kans om te edit. Dankie!

  7. Hehehe! Oulik….Ek sien jy het genoeg raad gekry oor die URL-ding.Ps Dit is jy wat 3de plek gekry het met jou ‘Kuikenmoord’ nê? Ek wou net sê dit is werklik PUIK geskryf en BAIE geluk met jou prys!O-ja, sterkte met die vinger. 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s