‘n Gelukkie by die ongeluk

Ek wou gister hier op die blogs kom rondloop, maar wat ‘n frustrasie! Ek het later gedink Lettertrash is seker onder konstruksie en het liefs die aftog geblaas. Maar nou! Jinne, hierdie Letterdash dash nou wragtig met spoed! Die blaaie maak oop vinniger as wat ek kan kliek, maar dan het ek mos Die Vinger. Die is ook aan die beter word, geen pyn meer nie, net nog stewig verbind. Maandag weer dokter toe vir, hopelik, die laaste keer. Een gelukkie by die ongeluk is dat ek tyd gehad het om agterstallige leeswerk in te haal. Ek het net op Afrikaans gekonsentreer, daar het die afgelope tyd soveel verskyn waaroor ek nuuskierig was.

 

Hier is my lysie:

 

Karin Brynard               Plaasmoord

 

Frans van Rensburg       Lammervanger

 

Wynand Coetzer           Skerpioen

 

Marita van der Vyver      Dis koue kos skat

 

Deon Meyer                  Karoonag (net die titelverhaal, ek dink nie ek gaan die boek verder lees nie)

 

Annemari Coetzer (Onse Annemari)  Aan die windkant

 

Etienne van Heerden   30 nagte in Amsterdam (amper klaar)

 

‘n Lekker pot-pouri, elkeen met sy eie bekoring. 30 nagte is my gunsteling, dan Dis koue kos. Skerpioen is ‘n besonderse leeservaring, ‘n samevlegting van verskillende  mitologieë. Annemari se boek het die ledigheid op ‘n lekker manier verdryf, vol uiteenlopende karakters, elkeen met sy storie, wat netjies in die verhaallyn saamgevat word.

 

En dan het ek ook kans gehad om behoorlik op die blogs te baljaar!

 

Advertisements

21 thoughts on “‘n Gelukkie by die ongeluk”

  1. Na 2 besoeke aan ongevalle, nog twee besoeke aan dokters, en twee operasies hoop ek wragtag dis nou verby! (En twee weke siekteverlof!)

  2. Hoop nou nie ‘n spinnekop kom my by nie, maar die twee weke moet heerlik wees!Ten spyte van die dr besoeke.Ek is so dankbaar dat die episode in jou lewe ook nou aan die verbygaan is.

  3. Hallo Abrham! Ek het nooit daarna opgelet nie, maar nou gaat ek sukkel, soos die ou oom met die lang baard toe hulle hom vra of slaap hy met die baard bo of onder die kombers.

  4. Ek het nog nie al die bundels wat ek verlede Junie saam op vakansie gepiekel het gelees nie – en ek wil rerig nie ‘n seer vinger sage beleef nie – maar die lekker leestyd klink so sinvol…

  5. Ek verstaan dis nie nét Letterdash wat probleme ondervind het nie. M-Web het ook verskoning gevra.Wonder of iemand die kabels probeer steel het. Sal my nie verbaas nie.:-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s