Wille Kaazi Straat

Dit gaan wild in Wille Kaazi Straat!!

 

Geluk aan die Bulls, julle is die beste, al trek my are nou as ek dit moet erken.

 

Ek het een ding agtergekom tydens die prysuitdeling: Mankewatsenaam Stofile lyk of hy die game baie meer geniet het as gert oosthuizen (die kleinletters is so bedoel, hy verdien nie hoofletters nie, en eintlik wou ek sê Doosthuizen, met ‘n hoofletter, maar Vroukie loer oor my skouer en sê Lewies, as jy nou die vroue-parte bedoel, is jy op rantsoen), wat daar gestaan het asof hy nie kan wag om huis toe te gaan om die Sewende Laan Omnibus heruitsending van Mei 2000 te kyk nie, fokken verveelde uitdrukking op sy politiese aanskyn.

 

 

 

 

31 thoughts on “Wille Kaazi Straat”

  1. Was daar ooit enige twyfel – Bulle BO! Ek stem, as hy nie daar wou wees nie, moes hy maar jantuisbly se karretjie gery het!!! Awesome awesome atmosfeer!!

  2. Ek het kliphard uitgebars van die lag toe ek daai gevreetjie sien! Hy lyk soos ‘n flippen alien.

  3. Ek dink nie daar was ooit soveel ministers by ‘n rugby game nie…en sommer ook die grootvader Jakob.

  4. ‘Skies Silly, ek was sommer de moer in, hier sit die ou in die prime seats by een van die mees ikoniese gebeurtenisse in SA heugenis en dan lyk hy so verveeld so Kiepie.

  5. Amper meer as met ‘n kabinetsvergadering! As Jakobregop sy vroue en kiddies saamgebring het was die stadion oorvol!

  6. Dankie Annemari! Is vir my ‘n grote eer om in dieselfde asem as die ander finaliste genoem te word!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s