“Nommer negentien, dis Lewies se huis. Kyk sy rooi gesunbeamde stoep. Moenie dat dit jou bluf nie, hy is kwesbaar. Sien jy die sand en die blare daar in die hoek? Hy was mos gister daar in Kroonstad se ouetehuis, wat het hy loop soek daar in die gang vir verswakte bejaardes? Ja, ek weet sy oom is pas daar opgeneem na ‘n beroerte, maar nogtans. Hy weet mos daai reuk van Dettol en dood roep vir jou, Oubaas se swart brak, ou Blackie. En toe loop hy hom nog karplaks! vas in daai warm walm van vars ontlasting, en daai ou oom in die rolstol wat vra dat Lewies hom moet help om in die bed te kom. Nee ou Blackie, hy is kwesbaar. Hy is ryp om gepluk te word. Vir wat sit hy ook nou vir Leonard Cohen op die hi-fi? En net nou is dit weer daai klarinetkonsert. So op die Sabbatsaand as die skemering daal? Kap hom ou Blackie, kap hom nou. Gaan pis op sy stoep, daar teen die groen paraffienblik met die litjieskaktus.”
Ag hel jong – hou koers, as jy kan
Ek is ook bewerig.Swartgallig.More, dan druk die gejaag en moetdoengoed ons weer in ‘n ander rigting.Sterkte.
Ja. Is nie maklik nie. Sterkte.
Altoos voorwaarts, Henry! Kom hel of hoogwater!
Ai kelly, dis so bleddie hartseer, maar ek kan dit so goed begryp. Toe kyk ek ‘n DVD, Hot tub time machine,sg. ‘n comdey, toe word ek van vooraf depressief omdat mense kan dink sulke kak is vermaaklik.
Net so Lou, more is ‘n nuwe dag. (Ek sal nou nie sê blou Maandag nie!)
Eish Annemari, dis seisoenale en sabbatsheimwee! More is ons weer ok!
Dankie Plankloper. More skyn die son weer!
Die net so Maankind, dis altyd goed om te weet mens is nie alleen in die bootjie nie. Sorrow shared en wat daarop volg. Maar more, more is ‘n ander storie!
dankie vir die drukkie Therina. Daai bleddie swart brak is altyd op besoek êrens!
Dis die lewe. Ons aanvaar dit so.
Ek is ook so half depro. Nie lekker nie.Sterkte!
Het jy die Sondag oorleef Lewies…
Ha,ha,ha Lewies!
Daar is goeie dinge en slegte dinge. Solank die slegtes hanteerbaar is, is die lewe ‘n lied!
My gevoelente is gewoonlik die bleddie Sunday blues, Maandag teen tien-uur by die werk is ek ok!
Hallo Zeppie! Ek’s so reg soos ‘n roer!
Jis Tweeling!
Nice gedoen…
Yup – and damn the torpedoes!
Hallo Ludwig!
Hy kort ‘n skop onner sy gat, Murphy.
Hallo Tronkie!