“Bbbrrrzzzzzoeeiit!! Bbbrrrzzzzoeeeiit!!”
Vyf-uur, sê die wekker se wasige rooi syfers. Ek kan nog vir ‘n kwartier hier agter Vroukie se rug snoes voor die dag begin. Ek lê met my neus in haar nek, haar warm vroue-geur stuif saggies en bedwelmend om my. Sy is loom van die slaap, haar asemhaling diep en rustig. Haar bors dein egalig, ek…nee wag nou Lewies, netnou is jy laat vir werk. Luister liewer na die gekke gekekkel van die omroeper op die radio, die gekweel van die musiek. Na die weervoorspelling moet Vroukie eerste uit die vere. Ek kan nog so ‘n paar advertensies lê om haar ‘n voorsprong in die badkamer te gee.
Teen die tyd begin Pamela die werfhond benoud blaf om ingelaat te word. Sy bokspring soos ‘n springmielie wat pop, blye weersiens op haar hondegelaat.
Vroukie is klaar in die badkamer en ek kan my was- en skeerdinge doen.
“Magtig, Lewies”, dis nou Vroukie toe sy iets in die badkamer kom doen, “hoe kry jy dit reg dat die hele vloer onder water is?”
“Dis hierdie bleddie vinger van my. Ek kan mos nie met die regterhand was nie, nou skep ek maar die water met die linkerhand.”
“Dis tyd dat daai vinger gesond word. Miskien sal skottelgoedwater help.”
“Fok Vroukie, die dokter het gesê die pleister moet nog ‘n paar dae aanbly. Jy wil tog nie hê daar moet nou ontsteking in kom nie?”
“Die pleister is al ‘n hele paar dae op. Ek is seker die vinger is ok. En die tydskrif wat jy alewig op die toilet se vloer gooi, is dit ook die vinger se skuld?”
“Ag fok Vroukie…”
“En moenie so lelik praat nie. Jy is skaars wakker en jy het al twee keer ‘fok’ gesê!”
Eish Vroukie, met watter voet het jy uit die kooi geklim? En ek het nogal gedink…Sou ‘n ligte mstykie gewees het.
“Wat sê die weerman? “ vra ek die belangrike vraag. My hele garderobe wentel daaromheen. Onder 20 grade is ‘n langmouhemp dag met ‘n langmoujersie. Bokant twintig is ‘n langmouhemp dag met ‘n kortmoujersie. Maar as die voorspelling sê twintig,is die beplanning heeltemal gekonfoes. Wat nou? Te koud vir die een en te warm vir die ander.
Terwyl Vroukie die Weetbix fix , sny ek ‘n kwart snytiie brood vir Pamela, liefs die korsie. Dan smeer ek dit met peanut butter en sny dit in ses stukkies, sodat sy meer het om te kou. As ek roep Pienat! Pienat! storm sy met ‘n vaart van buite af in. Dis haar snoephappie, hierna kry sy ‘n skeppie hondekos.
As ons klaar geëet het rakel Vroukie êrens iets op vir ons skoftins, ek trek die karre uit, ons maak die bed op, soen pf-pf koebaai sonder om die lipstiek te smeer. Ek gryp my werksak, soek die kar se sleutels, sê my derde “fok”, soek my selfoon, sê die vierde “fok”. Daar gaat ek. Toet vir die buurvrou wat haar kind afsien, sê die vyfde “fok” vir haar hond wat die kar jaag.
Nou dodge en dive ek slaggate, skoolkinders op fietse, taxi’s, die nurste by die opleidingskollege wat planloos en rigtingloos soos hoenders oor die straat skarrel.
‘n Paar minute later wieg my kar tot stilstand in die parkeerkelder. Parkeerplek nommer twee. “Reserved for Lewies. Please do not park here” Fok nommer ses. Wie park op my plek!
Sewe uur sak ek in my stoel neer, betyds om ‘n paar joppies te doen voor die werksdag begin.
“Arbeid adel” kom dit by my op.
Die foon lui. “Fok “ nommer sewe.
Manlief het vanoggend 1003 fokke gese voor werk.Sy motor se band was pap en hy het gese “Fok, fok, fok en ‘n duisend fokke!”. Mens het maar partykeer daai oggende.
Stem!
Wat het nou van “Rock Befok!” geword Oom?!
🙂 !!
Wonder wat “fok” nommer ag veroorsaak het!Ja, jy maak my dag ook.
Ek probeer daai gewoonte afleer, maar dit sukkel.
😉 ons is lucky, wekker qwar qwar qwar eers 5.30vm verder opdieselfde trant
LOL Lewies jy is baie snaaks!
Nee genade! Watse werk doen jy dat jy so vroeg moet opstaan???
Hallo Therina!
Die fokke pomp nie die kar se wiel nie, maar dit verlig die gemoed!
hehehe!! Ons rock voort!
Hi Thomas!
Nommer 8, nommer 9…!
Is dit nou om te keer dat die papegaai nie saam “fok” nie?!
Jis Annemari, kom mens werklik tot rus na die bedrywigheid?(die vinger lyk goed, ek pleister hom nog net die week)
As mens begin roer, gaan dit vinnig, daar is nie eens tyd vir die handdoek om te val nie!
Hallo Tweeling!
As ek so bietjie vroeër begin, kry ek kans om die sleurwerkies te tekkel, soms kry ek net weer my kantoor in orde.Ek werk vir daai organisasie waar die main china eers in tjaarts was.
Shaken, Murphy, shaken hier teen die middag se kant.
Nee, dis om te verhoed dat my vrou stres want elke keer wat ek dit sê dink sy, sy het iets verkeerd gedoen. Ek het nog nie gehoor dat die Eclectus of die Ringnek dit sê nie, en die kaketoe praat nie. Vriende van my se African Grey het, tot hulle onsteltenis, dit baie gou opgetel.
Ons altwee het ‘n Vroutjie/Vroukie vir inspirasie!!
Lewies geniet die rugby toets die naweek…
Gaan so maak Zeppie, naas die Bokke is die Hane my groot gunsteling span.
Die oggendstond het goud innie mond.
Die vroeë voëltjie…